Liturgie lynnwood Oggend 016/05/08 efese : Ontdek jou eerste liefde en eet van die Boom van die lewe!! Pinksterlied elke keer



Yüklə 1,45 Mb.
səhifə4/6
tarix17.11.2018
ölçüsü1,45 Mb.
#80596
1   2   3   4   5   6

SLOT :
Ek wil jou aanmoedig om vas te hou aan die kern leer van ons geloof: Dat ons deur Christus alleen gered word!!! In hierdie gedeelte word die Beste Nuus van Alles tye bevestig met die wit steentjie wat bevestig dat jy in Christus onskuldig bevind is en vry is! Ontvang nou die wit steentjie en gaan leef in vryheid as Kind van God!
GEBED: I need Thee every hour: Video https://youtu.be/T3wSbLa2uGg met byskrifte!

Slotlied: LB 489:1,3

Seen

Mag die wysheid van God jou lei

mag die krag van God jou ondersteun

Mag die vrede van God van jou besit neem

mag die liefde van God jou omvou

nou en tot aan die einde vd dae

So seën God drie-enig ons almal AMEN

LITURGIE Lynnwood Dinsdag 2016/05/10: 4 Dinsdag

TIATIRA: Mag krag en Gesag

Belofte: Ontvang mag en gesag van die Vader en die morester!

Pinksterlied: LB 430:1,2(dames),3,4(mans),6 >>> Melodie 268
1 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.


2 U is die trooster wat ons lei,

geskenk van God wat by ons bly!

U, Lewensbron, van bo gestuur,

deurgloei ons met u liefdevuur!


3 Bestraal ons, Bron van alle lig,

en toon ons God se aangesig.

Deur U geheilig, spreek ons mond,

eer ons u dade oral rond.


4 Gee helder lig aan ons verstand

en laat u liefde in ons brand.

Ons self is nog so swak, ons wag

dat U ons sterk met Pinksterkrag.


6 Gee dat ons geest'lik helder sien,

die Vader, Seun in waarheid dien.

O Gees, van albei uitgegaan,

U't ons kom troos, by ons kom staan.


Seëngroet: Openbaring 1:4-5
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste voor sy troon,

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader.

Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.


Lofliedere
LB 456:1,2,3 Loof Heel die Skepping

LB 464:1,2, 1x Eng O Heer my God


GEBED: Robert Vosloo

Lied: LB 442: 1,2 Gees van God wat in my Woon


AGTERGROND
Tiatira was die kleinste van die sewe gemeentes, maar aan hulle word die langste brief gerig. By God is die onaansienlike juis die belangrike (vgl. 1 Kor 1:26–31). Ongeveer 60 km in die suidoostelike rigting vanaf Pergamum lê die betreklik onbeduidende stadjie Tiatira.
Alhoewel die stad as klein geag is, was die tog goed bekend vir die groot verskeidenheid gildes en vakbonde van vakmanne wat verskillende bedrywe beoefen het. Daar was tekstielwerkers, leerlooiers, pottebakkers, skoenmakers, bronssmede en werkers wat materiaal gekleur het. Die bekende Lidia, wat met pers wolmateriaal handel gedryf het wat van Tiatira afkomstig.
Die gemeente kon dus die beeld waarmee Jesus Homself aan die gemeente bekendstel(gloeinede oë en geelkoper voete) , baie goed verstaan.
Elke vakbond het sy eie god/godin gehad as beskermer. Daar was ook groot feeste ter ere van die gode. Christene het natuurlik geweier om daaraan deel te neem.
Vakbonde het baie mag en invloed gehad. As jy nie deel was daarvan nie was jy sonder mag en invloed.

Apollo, die songod en seun van Zeus is in Tiatira aanbid. Dit was die grootste godsdiens.


SKRIFLESING
Kleinste gemeente met die langste brief!
OP 2:18-29
PREEK

PREEK:
Mag, krag en gesag speel ‘n baie groot rol in elkeen van ons se lewens. Dink net aan die verskeidenheid sisteme van gesag wat jy in staan: Politieke magsisteem, munisipale regering, verkeersbeheersisteem, e-tol, SARS, in die werkplek en skool is gesagstrukture, beheerliggame en kompleksbesture, in families is daar gesag soos in gesinne en huwelike. Selfs in die kerk het komitees leiers en daar is die Kerkraad. Daar is ook geestelike of onsigbare invloede van mag deur byvoorbeeld media en ideologieë. So kan ons lank aangaan.
Elkeen van ons staan in verskeie magstrukture, soms as dié sonder die mag en soms as dié met die mag. Ons het elkeen seker al ervaar wat dit is om magteloos uitgelewer te wees aan ‘n mag wat jou misbruik op fisiese, emosionele of finansiële vlak. Mag word soms misbruik om mense af te breek en uit te buit. Mag kan ook positief aangewend word om sosiale sisteme in stand te hou tot voordeel van die groter geheel. Gesagsstrukture kan ‘n netwerk wees waarin mense veilig en vry kan wees.
Alhoewel ons baie keer aan die ontvang kant van mag is, is ons ook ander kere dié met mag wat op ander se lewens impak het. Jou kinders, werknemers, afhanklikes en soms vreemdes.
Die gedeelte in Tiatia spreek hom regdeur uit oor mag en gesag. Die klein bietjie christene in Tiatira was meestal magteloos itv sosiale magte. Hulle het gely onder die magsmisbruik van die Romeine, Vakbonde, Godsdienstige en Sosiale magte. Hulle het werklik ervaar wat dit is om magteloos te wees. Hulle is selfs uitgebuit en belaster. Ons sien tekens van dwang, manipulasie, geweld, vernedering, uitbuitery en die misbruik van mag!
Dink jou nou in as jy die begin van die brief hoor wat aan die klein gemeentetjie in Tiatira geskryf word. Dit begin die beeld van Jesus in die gedeelte van Op 1:12-20 waarin sy absolute mag en soewereiniteit verwoord word. Anders as in Openbaring 1, waar Jesus Seun van Mens genoem word, word Jesus hier die Seun van God genoem! Hierdie fokus op die mag van God word uitgebrei as Jesus voorgestel word as die een wie se oë soos vuur vlam en wie se voete soos geelkoper lyk. Teenoor Apollo, die songod, Seun van Zeus.
Jesus geestelike insig word deur die oë van vuur verwoord. Hy weet alles en weet ook wat die effek van verskillende dinge op ons geestelike lewe is. Wat hier volg is geestelike insig in ons lewens. God is alwetend en alomteenwoordig.
Verder is Hy standvastig soos geelkoper. Geelkoper is ‘n allooi gemaak van koper en sink wat vir militêre doeleindes gebruik is en was goed bekend vir die mense in Tiatira. Dit dui op Jesus se krag en standvastigheid in Tiatira. Jesus is daar standvastig teenwoordig.
Hy wat alles weet wat in die gemeente gedoen word, het ’n woord van lof vir die absolute liefde en die geloof wat Hy by hulle sien. Hulle word ook geprys vir hul diensvaardigheid en volharding. Voorop staan die liefde, die omvattende liefde wat gerig is op God en vrug is van die geloof. Die liefde is ook gerig op die naaste en vind dan sy praktiese uiting, in diensvaardigheid en volharding. Wat ‘n getuigskrif!

Met die liefde voorop, was daar tog groei in die gemeente. Soveel groei, dat die “laaste werke, beter was as die eerste”, soos die grondteks letterlik sê. Dus, in teenstelling met Efese waar die eerste liefde afgekoel het, het Tiatira toegeneem in die liefde. Daarvoor word hulle geprys.


Alhoewel hulle op uiterlike vlak sonder mag was, het hulle groot invloed uitgeoefen! Deur diens en liefde het hulle ‘n ander invloed gehad as deur mag. Hulle het met innerlike gesag gewerk en ‘n verskil gemaak!
Die arbeiders in hierdie nywerheidstad het hulself in vakbonde en gildes georganiseer. Elke gilde het sy eie beskermgod gehad. As jy in die besigheidswêreld wou opgang maak moes jy aan hierdie gildes behoort en dus ook hulle beskermgod aanbid en hulle gildefeeste bywoon. Dit is tydens hierdie feeste wat daar baie ongerymdhede plaasgevind het. Dit het glad nie Christus se goedkeuring weggedra nie. Dit was ook nie opbouend vir die gemeente nie. Die gemeentelede was dus onder geweldige druk om mee te doen aan hierdie praktyke. Die Christene wat getrou aan Christus gebly het, is gespot en het mettertyd hulle staanplek in die sakebedryf verloor. Gebrek, honger en vervolging was hulle voorland.
Hierdie mag van die gemeenskap het ook ‘n impak gehad op sommige se godsdiens. Sommige in die gemeente het geswig voor die mag van die kultuur en druk van godsdienstige groepe. Hulle laat toe dat ’n sekere vrou, blykbaar ’n lid van die gemeente, voorgee dat sy ’n profetes is. Van die gemeentelede het geswig voor haar verleidelikheid, onsedelike dade gepleeg en afgodsoffervleis geëet. Sy word Isebel genoem omdat haar optrede herinner aan dié van die goddelose vrou van koning Agab. Die sy wat die volk verlei het tot die diens van Baäl, wat deelname aan die gepaardgaande onsedelike praktyke tot gevolg gehad het (vgl. 1 Kon 16:30 ev.; 2 Kon 9:22 ev.). Hier is weer eens ’n vorm van verleiding soos dié van die Nikolaïete (Op 2:6, 15) en van Bileam (Op 2:14). (Maandag)
Aan die getroue gelowiges word “mag en gesag oor die nasies” toegesê. Dit verwys na Ps 2:8-9 waar die konsepte aan die Messias toegesê word. Nou word dit op die gelowiges van toepassing gemaak! Dieselfde mag en gesag wat aan Hom toegesê word, sal ook deel word van sy getroue volgelinge. Hulle sal deel in die koninklike heerskappy van Christus (vgl. 1:6). Hulle sal “regeer met ’n ystersepter (Ps 2:9), soos Christus dit sal doen (Op 12:5; 19:15). Die yster septer verwys heel moontlik meer na ‘n herderstaf wat met yster beslaan is. Dit is gebruik om skape teen die wilde diere te beskerm. Op dieselfde manier sal Jesus sy gemeente beskerm teen die vyand en verleiding dat hulle soos kleipotte sal verkrummel. Die woord wat met “regeer” vertaal word, beteken “om skape te hoed of te laat wei soos ’n herder”. Hy ken dan sy mag aan ons toe! Dit is die tipiese Johanneïse patroon van die Vader wat aan die Seun Mag toeken en die Seun wat dan die mag aan die gelowiges oordra.
Dan kom die asemrowende belofte: “Ek sal vir elkeen wat oorwin die morester gee!!!”

Jesus word in 2 Petrus 1:19 en Op 2:28 en 22:16 die Môrester genoem. In die Griekse mitologie is VENUS as die morester geteken as teken van mag en heerskappy. Die môrester is net voor dagbreek sigbaar, wanneer die nag op sy donkerste is. Christus sal ook met sy waarheidslig in sy volle heerskappy op die toneel verskyn wanneer die wêreld op sy donkerste en mees verlate is... Maar hier word die mag en heerskappy weer aan ons as gelowiges toegeken!!! Dit is verbysterende woorde....



In Openbaring word gereeld genoem dat gelowiges in die oorwinning gaan deel en saam regeer (Op 1:6, 3:21, 5:10 en 20:4).
Ons lees op verskeie plekke in die Bybel daarvan:

In Hom is die volle wese van God beliggaam, en in verbondenheid met Hom deel julle in sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag. (Kol 2:9-10)
Hoe kon ons in hierdie oorwinning deel? Eers moet ons besef dat daar die uiterlike sigbare werklikheid iets anders is as die onsigbare werklikheid. Ons het geestelike oë nodig. Solank as wat jy net jou oog op die sigbare hou, sal jy kragteloos wees. Wat nodig is, is dat jou oë sal oopgaan om die onsigbare werklikheid te sien! LEES hoe Paulus dit stel in Ef 1:18 -23:
Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet watter hoop sy roeping inhou, en watter rykdom daar is in die heerlike erfenis wat Hy vir die gelowiges bestem het, en hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het: hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom. Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk. Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul. (Ef 1:18-23)
Ek hoop dat jy sal begin om die ongelooflike grootheid van sy krag sal probeer insien. Dit is dieselfde grote krag waarmee Hy Christus uit die dode opgewek het, bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en elke naam. En Hy het alle dinge onder sy voete onderwerp en Hom as Hoof bo alle dinge.
Dink net as jy met die bewussyn van daardie mag kan leef! Vir wie of wat kan jy bang wees? Hoe kan jy dan op ander laer magte en kragte staat maak ipv op God? Hoekom streef jy dan na nog mag en nog invloed as jy reeds in Christus die mag en gesag ontvang het?
Wat verhinder ons om te lewe deur die krag van God? Ons het reeds die krag en gesag ontvang in Christus. So, wat is dit wat die krag inhibeer?
Die manier hoe Jesus die krag ontvang het en dit beskikbaar was, was deurdat Hy alles wat hy gedoen het en gesê het in gehoorsaamheid aan die Vader gedoen het. Hy het geleef in die wil van God. Hy het nie 'n gees van onafhanklikheid, rebellie of opstand geleef nie. Hy het in 'n gees van toewyding en afhanklikheid aan die Vader geleef uit Sy krag en leiding.
Openbaring bevestig van die begin tot die einde dat alle mag aan God behoort. Hy heers en regeer, en oefen invloed uit. Daardie mag word met die gelowiges gedeel.
Alhoewel sommige in die klein gemeentetjie Tiatira in menslike oë min krag gehad het. Die magsmisbruik van die gildes, politici en ook die profetes het groter en sterker gelyk. Tog het hulle met innerlike gesag en krag geleef: liefde en diens ‘n groot verskil gemaak.
Een van die fasette van mag wat aandag nodig het is die siening van die bose en bose geeste en die Duiwel. In watter mate glo ons dat Jesus die bose oorwin het? Hoeveel mag ken ons nog toe aan die bose?
Kol 2:14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.
Ek is bevrees baie mense ken aan baie voorwerpe, gebeure en mense meer mag toe as wat hulle het. Die BOSE is oorwin!!! LEEF jy uit die oorwinning? Of leef jy uit magteloosheid?
Die krag en mag kom nie van onsself nie! Jesus het reeds die oorwinning behaal en deel die oorwinning met ons. Ons ontvang mag en gesag soos wat Jesus dit aan die dissipels toegesê het. Die opstandingskrag van Christus is in jou.
Kan nie meer in vrees vir die bose en bose magte. Waarmee vul jy jou bewussyn?
Christene het vreemde sieke: Hulle het ‘n danige nederigheid. Dit lyk asof hulle vreeslik nederig is en staan terug en nie inisiatief neem nie en onttrek. Vir my lyk dit na sieklike nederigheid! Soms wonder ek of dit nie net luiheid is nie, maar hulle gebruik nederigheid as rookskerm.
Elkeen van ons het ‘n stem gekry en gawes en mag en gesag om dit uit te oefen.
Soms wonder ek ook of die danige nederigheid nie maar net ongeloof is of die feit dat mense nie werklik op God vertrou nie. Vertrou ek dat God my die krag en inspirasie gee? Nou verklein ek my impak want ek dink klein oor God!
As jy besef God is Groot, en Hom daarvoor vertrou kan jy groot dinge aanpak! Jy kan selfs opstaan vi dit wat reg is al is dit teen ‘n sterk stroom in. Die Here gee die moed en krag.
Richard Wurmbrand vertel verhaal van die 18 jarige meisie wat in tronk in Rusland ter dood veroordeel is oor haar geloof. Toe die wagte hulle kom haal het ander gevangenis bitterlik gehuil, sy het egter met krag opgestaan, en die geloofsbelydenis hardop gesê: Ek glo in God die Vader, die Skepper van Hemel en aarde en in JX... So het sy gesterf met belydenis van God wat lewe, in die oomblik van haar dood.
Hierdie ware verhaal vertel van ‘n belydenis oor God wat lewend was! Die woorde oor God was nie net in haar gedagtes geskryf nie, maar diep in haar hart... Dit het haar moed gegee om vreesloos op te tree.
Hierdie mag en gesag gee ons oorwinning om oor omstandigheide uit te styg:

Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: "Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word." Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Rom 8:35-37)
Daar loop =n dun, maar belangrike skeidslyn tussen mag en gesag. In Afrikaanse geledere is hierdie twee begrippe in die verlede dikwels as sinonieme beskou. As mense van =n @gesagsinstansie@ gepraat het, het hulle eintlik bedoel: =n instelling wat jou kan maak doen wat gedoen behoort te word.
Wanneer die gewone mense in die tyd van Jesus verbyster is oor sy manier van onderrig gee, verduidelik die Evangelis: @Want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos hulle skrifgeleerdes nie@ (Matt. 7:29). Toe Jesus al hoe meer volgelinge trek en die Fariseërs se spioene ook onder die indruk van sy gesag kom, se hulle: @Het een van die lede van die Joodse Raad miskien in hom geglo, of een van die Fariseërs? Nee, dit is net hierdie vervloekte klomp mense wat nie ons wet ken nie!@ ( Joh. 7:48-49).Wanneer hulle gesag taan, gryp die Fariseërs na mag. Uiteindelik het hulle die staatsmag ingespan om die Een wat gesag het, uit die weg te ruim.
Daar is egter =n groot verskil tussen mag en gesag. Mag impliseer dwang aan die kant van die maghebber en konformering aan die kant van die onderdaan. Magsinstansies kan mense dwing om te doen wat gedoen moet word. As jy nie by =n stopstraat stop nie, kan die verkeerskonstabel jou beboet. As jy =n ander se goed steel, kan die polisie jou arresteer en die landdros kan jou tronk toe stuur. Jy moet konformeer. Wie dit nie doen nie, word deur (vrees vir) straf tot oorgawe gedwing.
Gesag daarenteen is nie iets wat aan die een of ander instansie toegeskryf word of kleef nie. Dis ook nie iets wat jy erken, soos jy die mag van die staat erken nie. Gesag is iets wat jy herken. Dis iets wat jy raaksien. Dis ook nie iets wat jy op iemand kan afdwing nie B dit sou mag wees. Dis iets wat mense oorreed. Terwyl mag stoot, trek gesag aan.
Daarom praat mense van =n @gesaghebbende@ op die of daardie gebied, dit wil se hulle beskou daardie persoon as iemand wat, ongeag sy of haar afkoms en posisie in die magstrukture van die samelewing, weet waarvan hy of sy praat. Dis iemand by wie jy kan gaan raad vra. Dis iemand na wie jy opsien en aan wie jy uit vrye wil gehoor gee, omdat jy hom of haar vertrou.
=n Mens buig nie onder gesag nie. Jy buig voor gesag. Dit is ook waarom =n mens voor God buig. Nie omdat Hy =n tiran is wat jou sal maak doen wat jy nie wil doen nie, maar omdat Hy jou trek.
Dit is juis die verbysterende van God. Hoewel Hy die Skepper van die hemel en die aarde is, gebruik Hy nie mag teen =n mens wat weier om op sy uitnodiging te reageer nie. Selfs as Hy met menslike mag gekonfronteer word, antwoord Hy nie met mag nie B dis hoe sy Seun aan die kruis beland en gesterf het. God is liefde, se die Skrifte. Liefde is sterk soos die doderyk, maar bly ver weg van mag. Liefde is veel eerder verwondbaar...
Wanneer jy invloed gebruik tot opbou van die sisteem gaan jou invloed uitbrei.

Kyk na die diagram. Gesag neem toe soos wat jy waarde toevoeg.


Wanneer jy egter negatiewe impak het op die omgewing verklein jou impak.

Soms gaan mense oor tot magsmisbruik as hulle invloed taan.

Wanneer jy egter negatiewe impak het op die omgewing verklein jou impak.

Soms gaan mense oor tot magsmisbruik as hulle invloed taan.

Die belangrikste manier om jou invloed te laat groei is deur diens. Hier van uit liefde as beginsel waar mag en gesag saamval. Bybel: Wie eerste is, laaste wees en laaste eerste: Dit oor diens. Leiding neem met diensgesindheid. Tot ander se voordeel.
If by leader we mean

one who holds a position of

authority and responsibility,

then every Christian is not a leader.

But if by leader we mean a person who enters into a relationship with another person to influence their behaviour, values or attitudes, then I should suggest that all Christians should be leaders! - Eddie Gibbs
Toepassings:
Huis: Tussen man en vrou met mag mekaar opbou of afbreek: Woorde, Fin, seksualiteit ensv.. Soms misbruik tot nadeel of gebruik om te bemagtig.
Verhaal klein seuntjie wat pa speel toe pa weg is, ma sê vir seuntjie om aan die kop van tafel te sit omdat hy nou die pa in die huis is, sussie is baie ongelukkig. Sê toe goed jy=s die pa nê! Wat is 7 + 2? Vir oomblik doodstil. Toe sê hy nonchalant met >n dik stem soos sy pa: A Ek is besig. Vra vir ma!@
Skool: Teenoor jongeres op speelgrond, op dalk in leierskapsposisie. Staan vir >n oomblik in die kind/gr 8 se skoene en onthou hoe jy gevoel het of probeer jou indink hoe hy/sy voel.
Werk: Verantwoordelikheid teenoor sg. Aondergeskiktes@. Natuurlik het jy die mag. Maar moet dit nie misbruik nie. Hoe kry mens dit reg? Om sover moontlik, met die faktore in ag geneem, jou Awerknemers@ ook te dien.
Dan word hulle nie jou vyande nie, ook nie dié vir wie jy net moet vrees nie, maar kan selfs jou vriende of ten minste jou volgelinge word.
Kerk: Predikante, kerkraadslede, ook dogma van kerk! Oppas vir gesaglose magsuitsprake wat nie bereid is om te luister en dien nie!
Natuurlik maak ons baie foute. Natuurlik is mag nodig, maar dan mag met gesag en integriteit!
Mag is soos >n mes. Dit is gevaarlik as dit verkeerd aangewend word. Maar wanneer dit met verantwoordelikheid gebruik word kan dit kos sny, elektriese herstelwerk doen, selfs jouself of gesin beskerm! Mag as sodanig is nog nie nuttig nie, maar mag met gesag kan die wêreld nuut maak.
Moenie dat mag jou blind maak nie! Dit gebeur so maklik dat mag mens blind maak vir mense se behoeftes en selfs blind maak vir belangrike sake.
Wiskunde – Marita Roos
wat se wiskunde het ek vandag gedoen?

het ek opgetel, bygevoeg, geplus in ander se lewens?

of het ek weggeneem, afgetrek, geminus?

minusbewerkings moet mos net in my eie lewe gedoen word

minder, minus van myself

trek myself af

sodat Hy meer kan word,

geplus, vermenigvuldig word

dan deel hy sy vreugde, vrede,

alles met my!

so word ek dan sy koninkryk deelagtig

nou weet ek: so word alle

euwels, flaters uitgewis

en nou is ek regtig wis-kundig!


ONTVANG DOE MORESTER, en gaan skyn jou lig!
Geliefdes: Jy ONTVANG DIE MORESTER! Gaan skyn die Lig in die donkerste donker.
Gebed
Slotsang: LB 372:1,3
1 Hoe glansryk blink die Môrester,

hoe helder skyn die lig van ver

in donker aardse nagte!

O Ster uit Jakob wat ook my

met hierdie wonderlig verbly,

ek is u dag te wagte.

Christus Jesus, U wat lewe,

hoor my lied en hoor my bede:

O bestraal my pad met vrede!
3 O Môrester wat ons verlig,

voor wie die nag eens sal moet swig,

ons weet dié dag kom nader -

die dag waaraan geen einde is

en ons as uitverkorenes

vergader by die Vader!

Christus Jesus, o verlig my,

leer my, rig my, Vors van ere!

Kom, ja, kom, ons wag, o Here!
SEEN
Die Here is voor julle om die pad vir julle gelyk te maak

Die Here is langs julle om julle in sy arms toe te vou

Die Here is agter julle om die aanvalle van die vyand af te slaan

Die Here is onder julle om julle te dra as julle mag val

Die Here is rondom julle om julle te beskerm

Die Here is bokant julle om julle te seën;

Die Here is binne julle om julle te lei na sy wil;

So seën die drie-enige God julle, van nou af tot in ewigheid!


Yüklə 1,45 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə