Mediavrystelling 13 oktober 2016 Wêreldhandewasdag op 15 Oktober gevier Was jou hande ten minste vyf keer per dag



Yüklə 221,54 Kb.
tarix29.09.2018
ölçüsü221,54 Kb.
#71453


MEDIAVRYSTELLING

13 OKTOBER 2016
Wêreldhandewasdag op 15 Oktober gevier

Was jou hande ten minste vyf keer per dag

Wêreldhandewasdag word wêreldwyd op 15 Oktober gevier om bewustheid te verhoog van hoe belangrik dit is om jou hande gereeld te was.

Prof Lise Korsten van die Departement Plantwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria (UP) sê om jou hande doeltreffend te was, moet dit konsekwent op gereelde sleuteltye gedoen word, ten minste vyf keer per dag. ‘Hande moet vroeg soggens gewas word, voor en nadat vrugte hanteer is, voor en nadat mense gegroet is, wanneer troeteldiere hanteer is en na aanraking met enige ander menslike kontakoppervlak waar 'n aansteeklike siekte opgedoen kan word.’

Die tema vir 2016 se Wêreldhandewasdag, ‘Maak handewas ’n gewoonte!’, beklemtoon die belangrikheid van handewas as rituele gedrag vir langtermynvolhoubaarheid.

Prof Korsten sê meer as sewe persent van sterfgevalle in Suid-Afrika kan aan swak sanitasie, ontoereikende persoonlike higiëne en ondoeltreffende handewas toegeskryf word, en 42 persent van voedselgedraagde siektes kan oorgedra word omdat hande nie behoorlik gewas word nie. ‘Bakterieë kan dae lank op hande oorleef en siektes veroorsaak as hande nie gewas word nie. 84 persent van aangemelde diarreegevalle is die gevolg van swak sanitasie, en in Suid-Afrika is dit meesal jong kinders wat deur noodlottige diarreegevalle getref word. Hande wat gereeld gewas word en skoon gehou word, met kort en skoon naels, is belangrik vir ’n gesonde lewenstyl.’

Wêreldhandewasdag is in 2008 vir die eerste keer gevier toe meer as 120 miljoen kinders in meer as 70 lande dwarsoor die wêreld hul hande met seep gewas het. Sedert 2008 gebruik nasionale en gemeenskapsleiers Wêreldhandewasdag om bewustheid oor handewas te verhoog, wasbakke en krane aan te bring en te toon hoe eenvoudig en waardevol skoon hande is.  Elke jaar is meer as 200 miljoen mense in meer as 100 lande wêreldwyd by die viering van Wêreldhandewasdag betrokke.

Klik op die videoskakel https://youtu.be/fqOhYQjKpag vir meer inligting.

Einde


…………………………………………………………………………………………………………………………………………………………
Vir meer inligting oor die Universiteit van Pretoria, skakel asb met:

Liesel Swart

Departement Universiteitsbetrekkinge

Universiteit van Pretoria

Tel: 012 420 3650

Sel: 082 672 0067



E-pos: liesel@roundtree.co.za
Yüklə 221,54 Kb.

Dostları ilə paylaş:




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə