J. Hoge Personalia of Germans at the Cape



Yüklə 1,9 Mb.
səhifə1/25
tarix14.12.2017
ölçüsü1,9 Mb.
#15599
  1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   25

J. Hoge

Personalia of Germans at the Cape

(1652-1806)

(Argiefjaarboek, 1946)


Register

opgestel deur Karel Schoeman

(2008-9)

By voltooiing het hierdie register wat uit 16 551 lemmas bestaan (verwysings inbegrepe), soos volg verdeel: Algemeen, 1154; Plekname, 2928; Persoonsname, 6218.

Let wel: die teks van die Personalia kan op CD bestel word by onderstaande adres:
http://www.cdbooks-r-us.com/index.php?searchStr=HOGE&act=viewCat&Submit=Go
Vir diegene wat die CD besit en rekenaarsoektogte kan uitvoer, sal hierdie register hopelik nogtans bruikbaar en nuttig wees as riglyn i.v.m. die tipe inligting wat gesoek sou kan word, alternatiewe spellings, ens.

Algemene opmerkings

─. Terwyl daar gehoop word dat die register algemeen bruikbaar en nuttig sal wees, is dit in eerste instansie vir gebruik by die navorsing van die indekseerder self bedoel, en dus onvermydelik subjektief en in sekere mate selektief.

―. Die indeksering is in beginsel volledig, maar sekere onderwerpe kom so herhaaldelik voor dat dit glad nie geïndekseer is nie (matrose, plaasarbeiders, soldate), of anders net tot op 'n sekere punt as aanduiding van frekwensie: t/m p.50 (Amsterdam, repatriasie, Stellenbosch:burgers, timmermans, wadrywers); p.100 (Hamburg, Hannover, houtkappers, messelaars, stalknegte); p.150 (Keulen, Oldenburg; smede); of p.200 (Bremen, Lutherse Kerk:doop). Beslissings in hierdie verband was egter heeltemal persoonlik: so is. bv. Koningsberg (die huidige Kaliningrad) en skoolmeesters bv. wel volledig geïndekseer, ongeag die talryke verwysings.

─. Die annotasie ‘onvolledig’ beteken dat die betrokke onderwerp weens gebrek aan kontinuïteit in die indeksering nie volledig geïndekseer is nie; dit kom veral in Seksie 1 voor.

―. Alle verwysings is na bladsynommers. Die teken *} wat op enkele plekke voorkom, dui op bladsynommers wat weggeval het.

―. Bladsyverwysings van die tipe '19B' dui op 'n biografiese inskrywing vir die betrokke persoon (hoofinskrywing). ‘n Verwysing van die tipe ‘493Add’ dui op bykomende inligting in die ‘Addenda’ op pp.493-495.

―. Bladsyverwysings van die tipe '19(2x)' of '19(passim)' beteken dat daar twee of meer verwysings binne ‘n enkele (langer) inskrywing op hierdie bladsy voorkom.

―. Bladsyverwysings van die tipe '19, +19' dui op 'n vermelding in twee (of meer) afsonderlike inskrywings op dieselfde bladsy; bv.:

Eppingen, 73, +73, +73

―. Met die oog op rekenaarsoektogte in die register is die umlaut in Duitse persoons- en plekname deurgaans met 'n -e- weergegee, bv.:

Doelkers

Duesseldorf

Gruenberg

Mueller


―. In Duitse name is Hoge se transkripsie van ß as –sz- (eerder as –ss-) gehandhaaf; bv. :

Dollfusz


Grosz-Umstadt

―. Die Nederlandse 'ij' deurgaans weergegee as 'y':

Boddys

Meyboom


Nymegen

―. '(sic)' is soms agter 'n minder gewone woord aangebring om aan te dui dat dit nie 'n transkripsie- of tikfout in die register is nie. Dit is nie noodwendig 'n kommentaar op die juistheid al dan nie van die betrokke skryfwyse nie.

Nieuwenbrook(sic), Adam Leenderts van
1. Algemene register
―. In hierdie register is die name van bevolkingsgroepe (slawe, vry gekleurdes), openbare liggame (Gereformeerde Kerk, Huwelikshof, Weeskamer), ampte (burgerrade, landdroste), ambagte (sien die verwysings onder 'ambagte & beroepe') en skepe opgeneem, asook die name van 'n aantal verdere groepe (Chinese gemeenskap, Jode), en sekere belangriker en interessanter bykomende onderwerpe van sosiaal-kulturele belang (blindheid, egskeidings, lewensmoegheid, selfmoord, sielkundige kwale).

─. Die name van dorpe in Suid-Afrika wat volgens die beroepe van die inwoners ens. onderverdeel is, is in hierdie Register opgeneem, nie in Register 2 nie; dit gaan om die volgende: Batavia; Drakenstein; Graaff-Reinet; Paarl; Roodezand; Stellenbosch; Swellendam; Tafelvallei; Tulbagh; Waveren; Zwartland (Malmesbury). Die Tafelvallei (huidige Kaapstad) is slegs selektief geïndekseer.

―. Wat beroepe en liggame betref, is daar vir die gerief van gebruikers verwysings gemaak van die beroepsaanduidings (in die enkelvoud) en name van instellings in die Engelse vorm wat deur Hoge gebruik is na die Afrikaanse vorms (in die meervoud) in hierdie register, in die volgende vorm

coachman=koetsiers

Orphan Chamber=Weeskamer

woodcutter=houtkappers

―. Ter wille van standardisering is Nederlandse skeepsname aan die hand van inskrywings in Dutch Asiatic shipping in die moderne Nederlandse spelling opgeneem. Hulle is aangedui met '(skip)'.

By die indeksering van skeepsname is ‘De’ en ‘Het’ weggelaat: De Sterrenschans is bv. opgeneem as ‘Sterrenschans (skip)’.



2. Pleknaamregister
―. Sien ook die algemene opmerkings hierbo.

─. Die name van dorpe in Suid-Afrika wat volgens die beroepe van die inwoners ens. onderverdeel is, is in die Algemene Register opgeneem (sien Seksie 1 hierbo). Verwysings is in Register 2 hierna gemaak.

―. Dit is nie duidelik hoe Hoge die Duitse plekname aan die hand van hul vernederlandste en dikwels geradbraakte vorm in eietydse dokumente uitgeken het nie, maar sy vertolking is deurgaans aanvaar. Alternatiewe vorms wat deur hom aangegee is, is as gelykwaardig geïndekseer; in vorms wat hy bevraagteken het, is die vraagtekens nie oorgeneem nie.

―. Plekname in Duitsland is in die Afrikaanse of Nederlandse vorm opgeneem waar dié bestaan (Keulen, Neurenberg, Meurs, Sleeswyk, Wesfale), met verwysings van die Duitse vorms (Koeln, Nuernberg, Moers, Schleswig, Westfalen), asook waar toepaslik van die Engelse vorms wat Hoge gebruik (Cologne, Nuremberg, Westphalia). Waar moderne vorms hiervan afwyk, is verwysings eweneens gemaak (Bratislava, Szczecin, Wroclaw). Hierdie verwysings kom in die volgende vorm voor:

Koeln=Keulen

Szczecin=Stettin

Westphalia=Wesfale

―. Pleknaamopgawes by Hoge kan die vorm aanneem van plek en/of streek: 'Husum', 'Holstein' en 'Husum in Holstein' kan dus al drie voorkom. Elke afsonderlike geval is geïndekseer soos dit in Hoge gevind is, in lg. geval dus dubbel, onder sowel 'Husum' as 'Holstein'. Registerinskrywings onder 'n bepaalde streek dek egter net die eksplisiete verwysings na daardie streek by Hoge, nie stede en dorpe waarby hy die streek nie aandui nie.

By gelykluidende name (bv. Brandenburg, Mecklenburg) is daar met indeksering nie tussen ‘n stad en die ooreenstemmende streek/gebied onderskei nie.

─. ‘(ongespes.)’ (ongespesifiseer) word gebruik in die geval waar gelykluidende plekname by Hoge soms nader onderskei is en in ander gevalle nie; dit dien om die aandag op die gespesifiseerde inskrywings te vestig:


Ahlen (Hannover)

Ahlen (ongespes.)

Ahlen (Wurtemberg)
─. Riviere is, waar Hoge dit aangee, aan die pleknaam toegevoeg in die vorm Frankfurt/Main, maar nie afsonderlik geïndekseer nie. In die geval van distrikte of naburige stede (bv. Hoge se ‘Niederhausen near Kreuznach’) is die twee betrokke name in twee selfstandige inskrywings geïndekseer; so ook alternatiewe spellings waar hy dit aangee.

―. Plekname in die huidige Suid-Afrika en Duitsland is nie nader geïdentifiseer nie. In alle ander gevalle word die land aangedui, bv. 'Middelburg (Ned.)', met verwysings onder die land self (in hierdie geval 'Nederland').

― Suid-Afrikaanse plaasname is in die register opgeneem in die vorm waarin hulle in die teks verskyn ('Helena Baay', 'De [sic] Kruys', 'Simonsvalley') en aangedui met '(plaas)'. Let op dat plaasname dikwels begin met 'De', 'Het' of ''t' ('De Hartebeest Rivier', 'De Diepe Kuyl').
3. Persoonsregister
―. Sien ook die algemene opmerkings hierbo.

―. Hierdie register bevat slegs die name van persone wat in die Kaap woonagtig of werksaam was of dit besoek het; dus nie bv. ouers of agterblywende familielede van die betrokke mans in Duitsland of elders in die buiteland nie. Enkele uitsonderings is gemaak vir bekende individue soos Boerhaave of Linnaeus.

─: Soos hierbo reeds genoem, dui bladsyverwysings van die tipe '19B' op 'n biografiese inskrywing vir die betrokke persoon (hoofinskrywing), en dié van die tipe ‘493Add’ op bykomende inligting in die ‘Addenda’ op pp.493-495.

―. Gelykluidende name word waar doenlik onderskei d.m.v. die vroegste jaar waarin die betrokkenes aan die Kaap vermeld word, of anders die onderskeie geboorte- of doopdatums, plek van herkoms, beroep of ander beskikbare gegewens van onderling vergelykbare aard:

Abel, Jacobus (1747)

Abel, Jacobus (1764)

―. Familiename is, soos in die teks wat geïndekseer word, asook die Suid-Afrikaanse geslagsregisters, in die volgende vorm as lemmas opgeneem:

Aarde, van

Clausewitz, von

Damme, ten

Plessis, du

Roux, le


Stel, van der

Wet, de


─. ‘v.d.’ in familiename by Hoge (=van de/den/der) is weergegee as ‘v/d’, sonder poging om die afkorting op te los; so ook ‘v.’ waar die oorspronklike vorm nie seker is nie (van/von).

―. Die toponiem 'van die Kaap' is slegs gebruik in die gevalle waar dit spesifiek deur Hoge aangegee is, en is nie van inligting elders in hierdie boek of in ander bronne afgelei nie; inskrywings is ook nie vir vrygestelde slawe as sodanig gemaak nie. Gekleurdes wat in die register voorkom, kan grotendeels gevind word deur rekenaarsoektogte in Register 3 op hierdie toponiem en op die plekname waarna daar onder 'toponieme' (Register 2) verwys is, maar daar kom nog heelwat 'versluierde' gekleurdes in die register voor met Nederlandse of Duitse familiename en geen toponieme nie, soos bv. Maria Juliana Jansen, dogter van Jan Jansz van Ceylon en Rosetta van Bengale, wat in 1760 getroud is met die Duitser J.H.C. Schmidt. Sien verder ook die lemma ‘Kaap (toponiem)’.

―. Met betrekking tot inskrywings vir gekleurde vroue wie se name slegs uit voornaam en toponiem bestaan (bv. 'Spacie van die Kaap'), word hulle d.m.v. die volgende konvensie nader geïdentifiseer aan die hand van die mans met wie hulle getroud was of 'n verhouding en/of kinders gehad het.:

Sara Magdalena van die Kaap (& W.Emmeriks)

Dit word op soortgelyke wyse gebruik om tussen gelyknamige blanke vroue te onderskei:

Groot, Anna de (& J.C. Beck)

Groot, Anna de (& G.Doman)

Waar vroue meer as een keer getroud was, word voorkeur meestal gegee aan die naam van die Duitse man wat in Hoge se lys opgeneem is, of indien dit om meerdere Duitse mans gaan, dié met wie sy die eerste getroud was; geen konsekwente beginsel is egter gevolg nie.

―. Buite-egtelike kinders vir wie geen familienaam vermeld word nie, of van wie dit nie duidelik is of hulle hul vader se familienaam gebruik het nie, word soos volg aangegee, hoofsaaklik sodat daar op rekenaar op die naam van die (vermoedelike) vader gesoek kan word:

Cornelia Ephrina (k. C.F. Abel)

(k.= kind van)

Buite-egtelike kinders in die register kan dus tot op sekere hoogte opgespoor word deur ‘n rekenaarsoektog op ‘(k.’.

─. In gevalle waar alternatiewe spellings van persoonsname toevallig bekend was of geword het (bv. uit boedelinventarisse), is verwysings hiervan ook opgeneem, ook al is dit nie deur Hoge aangeteken nie.
General notes (English)
─The index is divided in three sections:
1. General.

Mainly the names of public bodies, professions and ships. The entries in this section are not always complete or consistent.

2. Places

Including outposts (VOC), rivers and other geographical features, and farms.

3. Persons
─A page reference of the type ‘232B’ indicates the main biographical entry for the person concerned; ‘*Add’ refers to additional information in the Addenda.
─The following form has been used to distinguish coloured women (free women and slaves) with no surname of their own:
Sara Magdalena van die Kaap (& W.Emmeriks)
This refers to the fact that the woman concerned was married to or had a relationship and/or children with Emmeriks.
─Similarly, entries for illegitimate children of whom it is not know whether they used the surname of their father have been made as follows:
Cornelia Ephrina (k. C.F. Abel)
This refers to a child (‘kind’) of Abel.
─Where Afrikaans entry words used in the index differ from those used by Hoge in English (mainly in the names of countries, towns and professions), this has been indicated under the English forms in the relevant section of the index as follows:
Berlin=Berlyn

Koeningsberg=Koningsberg

cooper=kuipers
─The German ß has been rendered as ‘sz’, in accordance with Hoge’s usage. The umlaut has been transcribed as –ae-, ─oe-, -ue-:
Dollfusz

Duesseldorf

Grosz-Umstadt

Mueller
─The Dutch ij had been rendered as ‘y’.


Boddys

Meyboom


Nymegen

1. Algemeen


aanneming van kinders (deur blankes), sien slawekinders:aanneming & opvoeding

aanranding, 21, 53, 61, 115, 159, 290, 464. Sien ook huweliksgeweld; slawe:geweldpleging teenoor slawe.

abattoir=slagpale

adelborste (seekadette) (VOC): nie geïndekseer nie.

adelstand (Duitse gebied), sien edelmanne

‘Afrikaner' (benaming), 31

afslaers: om onduidelike redes nie geïndekseer nie

agitasie teen die goewerneur (1705-07), 191-192, 229, 347 [onvolledig?]. Sien ook Stel, W.A. van der in Register 3.

Agt-en-twintigste Regiment, sien ‘Light Dragoons’ (28ste Regt., 1809)

akademiese opleiding (immigrante), sien universiteitsopleiding



Akerendam (skip), 471

algemene handelaars, 5, 11, 19, 53, 58, 74, 89, 97, 101, 108, 110, 112, 154, 161, 171, 173─210, 216-217, 235, 239, 240, 255, 260, 277, 285, 299. Nie verder geïndekseer nie. Sien ook groenteverkopers; koopmanne; lakenhandelaars; tabakverkopers; wynhandelaars.



Alida Theodora (skip), 340

alkoholisme, sien drankmisbruik

almanakke, 339

Ambagskwartier (Tafelvallei), 23, 102, 217, 273, 450, 482

ambagsmanne (hospitaal), sien onder hospitaalpersoneel

ambagte & beroepe (VOC & burgerlik): sien die inskrywings in hierdie deel van die Register, passim. Verder ook beroep van vader (immigrante).

Amerikaanse skepe, 53

amptelike liggame, sien Burgerraad; Hof vir Klein Sake; Huwelikshof; Raad van Justisie; Weeskamer

amptenare (Duitsland), sien onder beroep van vader (immigrante)

amptenare (Kaap), sien inskrywings, onderverdelings & verwysings onder die volgende: balju’s; bodes; brandmeesters; burgerrade; fiskaals; geregsbodes; geweldigers; goewerneurs; heemrade; hospitaalpersoneel; keldermeesters; kommandeurs; konstabels ('policeman'); landdroste; opsigters; ordonnansieruiters; pennistekorps (regiment); ‘report-writer’; sekundes; skoute; veldwagters; weeshere; wildskuts. Sien ook inskrywings & verwysings onder ambagskwartier (Tafelvallei); amptelike liggame; ekwipasiewerf (Tafelvallei); houtmagasyn (Tafelvallei); kerklike ampsdraers; Robbeneiland; slagpale (Tafelvallei); Slawelosie; wapenkamer (Tafelvallei). Sien verder pligsversuim; en onder buiteposte in Register 2. Vir oorplasings, sien verwysings onder migrasie.



Amsterdam (skip), 420

apothecary=aptekers

aptekers, 60, 85-86, 88, 113, 118, 165, 203, 224, 241, 242, 251, 272, 286, 325, 330, 334, 336, 350, 368, 385, 440, 481. Sien ook onder hospitaalpersoneel.

argitekte, 384



Arion (skip), 281

armesorg, sien armlastiges

armlastiges, 10, 24, 30, 41, 44, 64, 72, 85, 91―120, 132, 142, 142, 148, 150, 151, 156, 179, 197, 198―202, 203, 206, 207, 209, 211, 226, 229, 233, 234, 251, 254, 259, 264, 273, 292, 299─304, 315, 323, 328, 339, 356, 360, 383, 384, 389─404, 417, 418, 424, 427, 438, 438, 446, 457, 459-460, 461, 468; geneeshere, 197. Sien verder bedelaars; onderwys:deur diakonie betaal; swerwers.

armoede, sien armlastiges

artilleriste (VOC): nie geïndekseer nie.

assistente (rang, VOC): nie geïndekseer nie.

attorney=prokureurs

‘Auxiliary Infantry’ (regiment), 380

b#

baas… (VOC): onder die volgende gedeelte van die samestelling geïndekseer, ‘baastuiniers’ bv.onder tuiniers



bailiff=geweldigers

baker=bakkers

bakkers, 4, 14, 19, 23, 27, 35, 55, 63, 71, 72, 77, 81, 81, 82, 82, 87, 90―112, 115, +115, 119, 121, 136, 142, 144, 151, 153, 171, 186, 200―202, 203, 206, 221, 231, 233, 236-237, 251, 270, +270, 272, 279, 281, 283, 288, 297─307, +307, 309, 315, 322, 325, 346, 364, 366, 371, 382, 395─403, 405, 407, 409, 415, 473, 479. Sien ook bakkerye; banketbakkers; gemmerbroodbakkers; suikerbakkers.

bakkerye, 96

baksteenmakery, 266

balju's, 203, 228, 261, 413

ballingskap (straf), sien verbanning

bandmaster=kapelmeesters

banketbakkers, 28, 134, 196, 203, 375, 473

bankrotskap, 72. Sien ook insolvensie; skuld.

bannelinge (blank), sien verbanning (straf)

barber=barbiers

barbiers, 62, 64, 69, 78, 139, 191, 289, 397. Sien ook chirurgyns.

barley-miller=gortmeulenaars

baron (titel), sien adelstand (Duitse gebied)

'Baster-Hottentotte', 'Hottentotte': waar toepaslik aangedui agter name van betrokke individue in Register 3. Sien verder onder Khoikhoi.

Basters, 117, 249, 408

Bataafse Republiek (1803-06), 52-53, 67, 97, 98, 115-116, 414



Batavia. Hierdie lemma is nie net gebruik vir verwysings na die stad Batavia nie (die huidige Jakarta in Indonesië), maar waar nodig ook vir die omvattende ‘Indië’ van die VOC-tyd (die latere Nederlands Oos-Indië), by Hoge weergegee as ‘India’; en vir die handelsryk van die VOC oor die algemeen.

─Batavia: amptenare, 66, 255

─Batavia: inwoners (geboortes, huwelike, sterftes), 9, 203, 216, 323, 327, 344, 456, 470, 472

─Batavia: migrasie (na en van Kaap; amptenare & burgers), 2, 6, 8, 37, 48, 52, 65, 66, 67, 68, 79, 80, 115, 125, 126, 154, 159, 167, 175, 176, 179, 188, 201, +201, 210, 215, 232, 233, 235, 237, 255, 259, 264, 265, 286, 293, 302, 315, 335, 344, 367, 378, 389, 392, 398, 420, 423, 441, 449, 462, 467, 471, 472, 478, 484

─Batavia: toponieme, 43, 73, 103, 203, 213, 280, 352, 416, 418, 423, 487

─Batavia: verbanning na Batavia, 192, 230, 284, 347

─Batavia: verbanning na Kaap, 166-167

─Batavia. Sien ook Raad van Indië; & verder die opmerking onder 'India' (Nederlands-Indië, Indonesië), & die verwysings onder Indonesië in Register 2.

‘Batavian Chasseurs’ (regiment), 174, 312. Sien ook Chasseurs.

‘Batavian Infantry’ (regiment), 4, 168

‘Batavian Troupes’ (regiment), 156

Baviaanskloof (sendingstasie), sien Morawiese Broederskap



Beaufort (skip), 367

bedelaars, 251

bedrog, 284, 413

beeldhouers (kunstenaars), 384

beeldsnyers (skeepsbou), 8, 384

beeswagters, sien veewagters

Begrafenis Vereeniging, 424, 452. Verwys na die ‘Stamboek van het Begrafnisgenootschap der Europeanen, begonnen 1 Jan. 1796’ (Kaapstad-argief). Sporadiese verwysings kom elders voor onder bronne by spesifieke inskrywings.

begrafnisreëlings, 50, 166-167, 353

bejaardes, 265, 290, 360. Sien ook honderdjariges.

belediging, 148, 450, Sien ook laster.

belemmerings (liggaamlik), sien onder liggaamsgebreke

bemakings aan armes, 445 [onvolledig]

bemakings aan gekleurdes, sien gekleurde gemeenskap:as erfgename

bemakings aan kerke, sien geskenke & bemakings onder Lutherse Kerk; en die onderverdeling gemeente onder die volgende plekke: Drakenstein; Swellendam; Tulbagh; Zwartland

bemakings aan Khoikhoi, sien Khoikhoi:as erfgename

bemakings aan slawe, sien slawe:as erfgename

bemakings in tuisland, 74, 96, 109, 201, 210, 337 [onvolledig]

beroep van vader (immigrante): artilleriekaptein, 197; barbier, 306; boekbinder, 339; burgemeester, 77, 164, 431, 456; direkteur Hooggeregshof, 135; geneesheer, 213, 241, 267, 280, 306, 336, 367, 382, 402; grenadier, 452; gruttemeulenaar, 434; Hofrat, 62, 267; kleremaker, 2; kolonel-kommandant van Bremen, 465; koopman, 122, 138, 243, 263, 319; kruidenier, 424; kuiper, 55; leerlooier, 293; magistraat, 445; meulenaar, 169; naaldmaker, 344; notaris, 439; offisier, 71, 197; orrelis, 35, 102, 433; posmeester, 300; predikant, 2, 34, 76, 79, 157, 171, 203, 231, 237, 255, 263, 288, 315, 320, 358, 363, 468, 482(Switserland); raadslid, 129; sien ook Hofrat hierbo; regter, 251; rektor Latynse skool, 143, 358; saalmaker, 276; seep- en kersfabrikant, 108; skipper, 215, 265; skoenmaker, 341, 406; skoolmeester, 203, 391; skrynwerker, 463; slagter, 5, 126, 370; slotbewaarder, 432; slotmaker, 325; smid, 235, 336; soldaat, 120, 407; stadsklerk, 92; timmerman, 97, 103, 166, 461; tuinier, 228; vaandrig, 179; weeshuisbestuurder, 478

beroepe (Kaap): sien die inskrywings in hierdie deel van die Register, passim. Verder ook beroep van vader (immigrante).

beroertes, 407, 414

berowing, sien roof

beslagname van eiendom (straf), sien verbeuring van eiendom

besoekende skepe, sien Amerikaanse skepe; Deense skepe; 'Duitse' skepe; Engelse skepe; Franse skepe; Portugese skepe. Sien ook retoervloot (VOC).

besoekers (alg.), 154, 456

bestrawwing (blankes), sien strawwe

beuelblasers, 422, 439. Sien ook trompetters.

beuls, 487

Beverwyk (skip), 475(Bererwyk)

biblioteke (openbaar), sien openbare biblioteke

biblioteke (privaat), sien boekerye

bierbrouerye, sien brouerye

bierpagters, sien drankpagters

blacksmith=smede

blikslaers, 176, 241

blindheid, 169, 299

bloedskande, 232

bloedverwantskap tussen immigrante, 6, 20, 46, 69, 84, 122, 134, 137, 141─155, 156, +156, 157, 167, 168, 171, 176, 177, 185, 186, 187, 196, 197-198―201, 204, 213, 223, 227, 231, 236, 245, 247, 247, +247─250, 255, 258, 259, 261, 265, 265, 276, 277, 281, 284, 293, 296, 298─309, +309, 335, +335, 356, 363, 366, 367, 376, +376, +376, 377, 383, 383, 384, 392─403, 410, 411, 413, 432, 437, 440, 444, 445, 448, 461, 471-472, 475, 481, 489, 490, +490, 491, 494

bodes (ongespes.), 203. Sien verder geregsbodes; onder hospitaalpersoneel; Raad van Justisie; Weeskamer; en onder die volgende plekke: Drakenstein; Graaff-Reinet; Stellenbosch; Swellendam.

boekbinders, 83, 176, 252, 339, 474

boeke, sien boekerye; openbare biblioteke; publikasies

boekerye, 71. Sien ook Dessiniaanse Versameling.

boekhouers (rang, VOC): nie geïndekseer nie.

Boesmans, 65, 124, 423

boetes, 148

bombardiers (VOC): nie geïndekseer nie.

bontwerkers, 59, 164

bookbinder=boekbinders

bordele, 392

boswagters, 298

botanie, 11-12, 80, 136, 240, 300-301. Sien ook geneeskundige kruie.

botaniese tuine, 242, 251, 488

botteliers, 77, 108, 129, 143, 311, 355

botteliersmaats, 129, 355

bottler=bottelier(?)

boukontrakteurs, 8

bouwerk, 265

brandewynhandelaars, 43

brandewynpagters, sien drankpagters

brandmeesters, 73, 86, 115, 160, 246, 274, 319, 403, 403

brandmerk (straf), 290, 402

brandstigting (deur slawe), sien onder slawe

brass founder=geelkopergieters

breukbandmakers, 99, 250, 297

breuke (liggaamlik), 287

Britse besetting (1795-1803): verwysings nie geïndekseer nie.

broekmakers, 268, 329

broker=makelaars

brouers, 427

brouerye, 96, 137, 142, 217, 303, 408

brugbouers, 301

Brunswyk (skip), 439

bugler=beuelblasers

buite-egtelike kinders: nie as sodanig geïndekseer nie.

buitelandse regimente, sien verwysings onder regimente

buiteposte (VOC), 170. Sien verder verwysings onder hierdie lemma in Register 2.

burgermilisie, 9, 18, 19, 21, 22, 27, 35, 42, 54, 62, 70, 77, 80, 86, 99―149, 157, 164, 171, 173, 186―220, 226, 245, 251, 265, 274, 280, 284, 284, 288─336, 337, 340, 477 [skynbaar onvolledig]

Burgerraad (liggaam), 42, 254, 425

burgerrade (amptenare), 1, 18, 28, 33, 35, 42, 70, 74, 86, 157, 173, 177, 205, 278, 278, [onvolledig?], 481

burgerskap, sien inwoners onder die volgende plekke: Drakenstein; Graaff-Reinet; Paarl; Roodezand; Stellenbosch; Swellendam; Tulbagh; Waveren; Zwartland (dit sluit burgers en inwoners in.) Verder nie geïndekseer nie.

burgerwag, 450

butcher=slagters

butler(VOC)=keldermeesters

button-maker=knoopmakers

c#

cabin-boy=skeepsjonges



cattle-herd=veewagters

Chasseurs (regiment), 66, 434. Sien ook ‘Batavian Chasseurs’.

chemist=aptekers

Chinese gemeenskap, 190, 352

chirurgiese instrumente: vervaardigers, 295

chirurgyns (insluitend opperchirurgyns), 25, 26, 31, 34, 37, 41, 53, 55, 63, 71, 80, 89, 92, 100―101, 102, 105, 108, 113, 125, 132, 133, 140, 149, 163, 166, 173, 192, 197─205, 221, 240, 241, 250, 251, 255, 262, 274, 276, 280, 281, 283, 285, 289, 294, 294-295─300, 301, 305, 306, 306, 315, 318, 318, 319, 324, 328, 336, 341, +340, 354, 357, 362-363, 368, 372, 377, 377-378, 385, 387, 391─422, 424, 442, 447, 451-452, 467, 477, 480, 481, 481, 495; skeepschirurgyns, 381; 'surgeon of the militia', 21; ‘in de linie’, 392-393; ‘surgeon-major’, 439; ‘senior surgeon’, 465; ‘surgeon for smallpox’, 293 (‘pokke’=geslagsiekte?; vgl. ‘poccagiemeester’). NB: onderskeide nie konsekwent geïndekseer nie. Sien ook barbiers; derde meesters; distriksgeneeshere; onderchirurgyns; en die onderafdeling geneesheer onder Slawelosie & die volgende plekke: Graaff-Reinet; Stellenbosch; Swellendam; Tafelvallei; Tulbagh; Waveren.



Christianus Quartus (skip), 296

Christianus Septimus (skip), 276

cloth-merchant=lakenhandelaars

Cochoqua (Khoi-stam), sien Kochokwa

Commissie van Veeteelt en Landbouw (1805), sien Kommissie…

‘community’: deur Hoge vir kerkgemeenskap (‘congregation’) gebruik; sien verwysings onder gemeentes

Company's post (VOC)=buiteposte

concert-conductor=dirigente

confectioner=banketbakkers

constable=konstabels

cooper=kuipers

coppersmith=kopersmede

Cronprinsesse af Danmark (skip), 407(Kroonprins)

d#

dagboeke, 363



dairyman=melkboere

dakdekkers, 159, 210, 235, 357

dancing lessons=dansonderwysers

dansonderwysers, 311



De Castor (skip), 430

De Komeet (skip), 250

De Meuron-regiment, 108, 115, 132, 182, 294, 358, 440, 478, 481, 482

dealer=algemene handelaars

Deense skepe, 105, 235, 276, 296, 388, 407

degradasie (straf), 192, 230, 473

deportasie (straf), 31, 43, 275, 302, 305. Sien ook Batavia:verbanning; verbanning.

derde meesters (chirurgyns), 9, 12, 21, 41, 43, 45, 50, 53, 56, 57, +57, 58, 60, 61, 65, 68, 70, 75, 77―106, 118, 121, 124, 132, 138, 149, +149, 159, 163, 186, 200, 218, 241, 243, 268, +268, 269, 272, 275, 276, 292─301, 306, 321, 324, 328, 346, 350, 364, 367, 371, 374, 379, +379, 389─422, 429, 440, 442, 451, 463, 466, 480. Sien ook chirurgyns; onderchirurgyns.

despatch-rider=ordonnansieruiters

Dessiniaanse Versameling, 386

deurwagters (hospitaal), sien hospitaalpersoneel:portiers

diakens (ongespes.), 204. Sien verder die onderafdeling gemeente onder die volgende plekke: Drakenstein; Stellenbosch; Swellendam; Tafelvallei

diakonie (armesorg), sien armlastiges; onderwys:deur diakonie betaal

diefstal (blankes), 41, 59, 83, 85, 90, 115, 132, 149, 151, 230, 231, 234, 300, 331, 441, 454, 464, 479, 482. Sien ook heling van gesteelde goedere.

diensmeisies, 154, 488, 489

dieretuine, 472

dirigente, 238, 306, 380

diskriminasie (godsdienstig), sien onder Lutherse Kerk

dispatch-rider=ordonnansieruiters

dispensiers (VOC), 33, 43, 102

distriksgeneeshere, 138, 475

diver=duikers

dokters (geneeshere), sien chirurgyns; kwaksalwers

doodslag, sien moord & doodslag

doodsoorsake, sien moord & doodslag; verdrinking

doodstraf (blankes), 7, 100, 240, 460, 478, 480

doofheid, 131, 481

doop (Luthers), sien onder Lutherse Kerk

doop van Jode, sien onder Jode.

doop van slawe, sien slawedoop

doorkeeper=portiers



Dordrecht (skip), 479

draaiers, 171, 186, 199, 213, 353, 425



Yüklə 1,9 Mb.

Dostları ilə paylaş:
  1   2   3   4   5   6   7   8   9   ...   25




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə