Liturgie lynnwood Oggend 016/05/08 efese : Ontdek jou eerste liefde en eet van die Boom van die lewe!! Pinksterlied elke keer



Yüklə 1,45 Mb.
səhifə1/6
tarix17.11.2018
ölçüsü1,45 Mb.
#80596
  1   2   3   4   5   6




LITURGIE Lynnwood Oggend 2016/05/08 1 EFESE :

Ontdek jou eerste liefde en eet van die Boom van die lewe!!
Pinksterlied elke keer:  LB 430:1,2(dames),3,4(mans),6   >>> Melodie 268
1 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.


2 U is die trooster wat ons lei,

geskenk van God wat by ons bly!

U, Lewensbron, van bo gestuur,

deurgloei ons met u liefdevuur!


3 Bestraal ons, Bron van alle lig,

en toon ons God se aangesig.

Deur U geheilig, spreek ons mond,

eer ons u dade oral rond.


4 Gee helder lig aan ons verstand

en laat u liefde in ons brand.

Ons self is nog so swak, ons wag

dat U ons sterk met Pinksterkrag.


6 Gee dat ons geest'lik helder sien,

die Vader, Seun in waarheid dien.

O Gees, van albei uitgegaan,

U't ons kom troos, by ons kom staan.



Seëngroet: Openbaring 1:4-5
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste voor sy troon,

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader.

Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.



Lof: LB 191 & 192
191:1 Grote God, ons bring U eer,

ons aanbid U, Koning, Heer.

U kom toe die lof alom -

U wat was, wat is, wat kom.

Voor U buig die skepping neer -

U wat ewig sal regeer.
192:2 Heiliges daar voor u troon

sing voor U vol vreug en vrede.



Ons in wie u Gees reeds woon,

wy aan U ons dankgebede.

Eng'le, mense, almal saam,

Heer, aanbid en roem u Naam.


191:3 Vader, ewig, goed en groot,

hoor ons lof uit elke oord.

Seun van God in ewigheid,

ons is tot u diens bereid.



Heil'ge Gees, Vertrooster, Heer,

ons, u kerk, wil U steeds eer.


Kindermoment: “Agter die Skerms”
Ds: Ons is vandag so gelukkig want daar het iemand by ons kom kuier.
Dominee: Hallo jong wat is jou naam?
Markus: More Dominee. My naam is Markus!
Dominee: Hallo Markus, hoe gaan dit vandag met jou?
Markus: Eintlik nie so goed nie Dominee…
Dominee: Ai, dis jammer Markus, hoekom se jy dan so?
Markus: Wel…daar is iemand in my klas by die skool wat my vreeslik pla.
Dominee: Eks jammer om dit te hoor. Maar ek is bly jy kom kuier Markus. Watse dinge doen hierdie kind dan wat jou soveel pla?
Markus: Dominee, ek wil nie eintlik eers daaroor praat nie…maar hy noem my altyd name en vandag het hy my alweer uitgelag en gesê ek is dom end it maak my vreeslik ongelukkig
Dominee: Maar Markus, het jy al iets gedoen om die saak te probeer verander?
Markus: Nee, Dominee ek weet nie rerig wat om te doen nie. Ek wens iemand kon my raad gee…
Dominee: Oo tog jong ek weet heeltemal wat die beste plan sal wees nie. Weet julle kinders dalk? .......(Wag vir antwoorde)
Dominee: Ek dink die enigste een wat weet van poppe boelies is die Poppemeester...! Kom ons vra die poppemeester Haar naam is Zanel.. Roep gou saam met my. 1 2 3 ZAnel!!! ZAnel!!! .... (Poppemeester staan op)
Zanel: Hallo dominee, hallo kinders!
Dominee: Jong Markus het groot probleem by die skool maar jy is mos die poppemeester, kan jy vir Markus help? Weet jy hoe om hom te help?
Zanel: Ja dominee. Ek ken die pop wat vir Markus soveel moeilikheid gee. Markus, ek dink ons twee kan sommer vandag nog die storie reg maak. Ek weet jy kry baie swaar met die boelie. Moenie bang wees nie Markus, ek is by jou en ek sal jou help. Kom, dan gaan kyk ons wat ons kan doen. (Loop van verhoog af, gaan sit)
Dominee: Dankie dat julle twee kom kuier het....
Kom ek vertel vir julle hoe die boek Openbaring werk. Mense sien net die Poppe elke dag... Openbaring vertel wat agter die skerms gebeur. Wat jy nie sien. Openbaring gee vir jou nuwe oë dat jy dieper kyk en weet agter die poppespel van lewe is God! Ons sien God nie, maar ons weet dat Hy daar is, en dat hy help! God gee ons nuwe oë!!!
Lied terwyl kinders uitstap:
157:1,2
Gebed voor preek
O Here, U is die Alfa en die Omega, die begin en die einde:

die onuitputlike Bron van alle goeie dinge,

Ons eer U vir die gawes van u liefde.

Gee dat ons u Woord mag hoor met opregte begeerte om te ontvang wat u aan ons gee,

en te gaan doen wat dit van ons vra.

Graveer u Woord nie net in ons verstand nie, maar diep in ons harte,

Verander ons wese deur u Heilige Gees

om al meer aan u die beeld van u Seun gelyk te word,

Ons wil vanoggend luister wat Gees aan ons gemeente sê

en deel aan die oorwinning wat net U kan gee.

Aan U alleen kom al die heerlikheid en krag toe tot in ewigheid! AMEN


AGTERGROND voor SKRIFLESING

DIE OPENBARING AAN JOHANNES

Inleiding 1

7 gemeentes 2-3

7 seëls 6-8

7 trompette 8-11

Stryd 12-14

7 Engele 15-16

Val van Babilon Oorwinning 17- 21

20-21 Slot 22
Oorsig oor die 7 GEMEENTES
Johannes is verban na die eiland Patmos omdat Hy die Evangelie verkondig het. Daar verskyn die Here Jesus aan hom met boodskappe aan die 7 gemeentes in Klein-Asië. Elke brief dra die refrein: “Luister na wat die Gees vir die Gemeentes sê” ...

Al sewe gemeentes was op ʼn hoofroete geleë in hoefyster vorm. ʼn Boodskapper met die briefbundel kon van die eiland Patmos (waar Johannes was), eerste by Efese aandoen. Van daar af sou hy noordwaarts reis tot by Smirna en Pergamum, suidoos draai na Tiatira, en van daar af verder gaan na Sardis, Filadelfia en Laodisea. Die roete stem presies ooreen met die volgorde waarin die briewe ook voorkom.


Die sewe briewe is waarskynlik gebundel gestuur aan elk van die sewe gemeentes wat die hele kerk verteenwoordig, want die probleme van elkeen het in al die gemeentes voorgekom.
Die sewe briefboodskappe aan die gemeentes is volgens ʼn bepaalde plan geskryf. Hulle begin almal met ʼn groet aan die gemeente, dan word daar elke keer iets uniek oor Jesus gesê, daarna ʼn evaluasie van die situasie en geestelike toestand in die gemeente, en die gemeente word geprys en/of streng aangespreek. Daarna volg die oproep om te luister na die Gees en sluit af met ʼn unieke kragtige belofte aan die wat die oorwinning behaal.
Kom ons lê besoek af in Efese
1 Efese was nie net die belangrikste stad in Klein-Asië nie, maar ook ‘n belangrike gemeente!

Hawe aan die Weskus v Klein-Asië met +- 250 000, mense

Belangrike Handelstad, >>> destyds die “lig van Asië” genoem
2 Rooi lyn is pad deur Efese: Kaart

Geografie het oor tyd verander agv rivier, Hawe nou 11 km ver van die see af.


3 Efese : baie belangrike godsdienstige sentrum: duisende priesters, priesteresse, prostitute.

Tempel van Dianna(Latyn)/ Artemis(Grieks), Vrugbaarheidsgodin. Tempel was een van die 7 wonders van die ou wêreld, 127 Pilare... Daar was twee tempels vir Augustus gebou, een elk vir die drie keisers Nero, Hadrianus en Severus.


4 Hier is ‘n Rekonstruksie van tempel van Artemis

2 Platforms: Altaar en Beeld van Dianna

356 afgebreek en later weer herbou
5 Godin Artemis

Opstand teen Paulus in Handelinge was oor sy teenstand teen die aanbidding van Dianna


6 Marmerstraat
7 Hawestraat

8 Van die Hawe af teen die Pion berg is die teater

Teater vorm >n middelpunt van die stad.

Hand 19 storm die inwoners hierheen .... stadsklerk keer opstand


9 Skree groot is Dianna van die Efesiërs

25 000 mense


10 Teater

Orkes onder en akteurs bo

Ter ere van nog ‘n keiser, Domitianus, wat die Christene ook baie vyandiggesind was, is die Olimpiese Spele een jaar in Efese gehou
11 Markplein: Waar verskillende goedere verkoop is. Veral vee en groente

Paulus ook natuurlik as leerlooier.. Tentmaker

Demetrius was silwersmid wat Handelinge 19 van vertel het ook hier sy werk gedoen

12 Verder af in Marmerstraat straat


13 ALeft foot@ aan die linkerkant kan jy mooi vrouens kry

Gebou aan linkerkant >n bordeel


14 Selsus biblioteek

Baie bekende landmerk. Veral boeke oor toorkuns. en filosofie


15 Pad op teen die berg
16 Moderne stad, Rioolwerke
17 Hier was nog >n tempel... ook weer ‘n beeld van Godin Dianna daarin!

Ook 4 Romeinse Keisers se brons beelde op pilare


18 Munisipale geboue en oa stadsaal

Stadsklerk van Handeling se werkplek en monnik waar Paulus ook aangekla is

Ook Hofsittings daar gehou.
19 Maria, moeder van Jesus het glo hier gewoon, en later tempel gebou. Soos Jesus vir hom aan die kruis gevra het om Maria in sy huis te neem

Dit is hierdie Johannes wat nou op Patmos sit en die brief aan Efese skryf.


Paulus stig die gemeente in Efese. Paulus doen in Efese aan op die einde van sy 2e sendingreis (Hand. 18:19-21) en werk tussen 2 en 3 jaar daar op sy derde sendingreis. Na Paulus se werk skyn die gemeente as ʼn helder lig in die donker stad. Daarna het Akwila en Priscilla saam met Apollos daar gewerk. Later het Timoteus ook daar gewerk. Efese is die “Moedergemeente” van die kerke in Klein-Asië waaruit ander gemeentes ontstaan het.
Skriflesing:
Op 2:1-7
PREEK
Daar was ‘n geluid soos ‘n trompelgeskal...iets groots en goddeliks gaan gebeur!

Johannes draai om en die opgestane verheerlikte Here Jesus Christus staan voor hom in ‘n priesterlike gewaad met die goue band van die hoë priester om sy bors reg om goddelike gawes te bedien.

Die plek waar die Here Jesus staan is tussen sewe goue staanlampe – verteenwoordigend van die sewe gemeentes in Klein-Asië. Hy is self in die gemeentes teenwoordig.

Die hare op sy kop is spierwit, soos die hare van God self in Daniël se visioen. God is hier. Sy oë het soos vuur gevlam wat simbool is van alwetendheid. Hy weet van alles.

Sy voete was soos geelkoper wat in ʼn smeltoond gloei, en sy stem was sterk soos die gedruis van ʼn groot watermassa. Hy is sterk, magtig en standvastig.

In sy regterhand – die hand wat sy krag simboliseer – het hy sewe sterre vasgehou. Jesus hou die 7 gemeentes vas met sy krag en teenwoordigheid.

Daar het ʼn skerp swaard met twee snykante uit sy mond uitgekom wat wys dat hy met onderskeidingsvermoë deur sy Woorde die waarheid bring. Hy gaan wys skei wat reg en verkeerd is.

Sy hele voorkoms was soos die son wat op sy helderste skyn... sy wese skyn van God se lig!

Johannes word so oorval deur wat hy sien en hoor dat hy voor die Here se voete neerval en soos ʼn dooie bly lê. En met dieselfde kragtige regterhand waarmee die Here die sewe sterre, dws die gemeentes vashou, vat Hy aan Johannes en troos hom: “Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood, en kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk. Skrywe nou op wat jy sien…”

Johannes se visioen vertel dat Jesus by sy kerk en gemeentes teenwoordig is. In die daaropvolgende briewe, klop hy aan die elke gemeente se deur en lê daar besoek af.


Die vroeë kerk se gemeentes lyk nooit soos netjiese sitkamers of vertoonkamers nie, waar alles op hulle plek is nie, maar eerder soos deurmekaar familiekamers. As jy onverwags by ’n huis aankom, dan word jy dikwels oorval met verskonings hoekom dit so deurmekaar is.
Dinge in die gemeentes is plek plek netjies en ander plekke lekker deurmekaar. Dit gebeur natuurlik met kerke waar daar geleef word. Want die mense wat daar leef is ook sondaars-ja vergeefte sondaars,-daarom gaan daar klere rondlê, merke van hande op die houtwerk, modderkolle op die matte, skottelgoed wat rondtaan en konflik.
Daar is baie woede teenoor die kerk en die baie teleurstellings in die kerk is as gevolg van mislukte verwagtinge. Ons verwag hierdie gedissiplineerde weermag van toegewyde manne en vroue, maar dan ontdek mense gelowiges wat altyd nie so is. Jy verwag gemeenskap van heiliges vol liefde en genade; en dan vind jy by ’n kerk ete meer skinder as wat daar kos is.
Tog is die kerke lampstanders! Hulle is plekke waar die lig van Christus skyn. Hulle is nie self die lig nie. Maar hulle bring lig en verjaag die duisternis. Daar is warmte en aksie in die gemeente. Hulle maak ’n verskil in die gemeenskap en laat lig op valshede val.
Stap saam in die Efese-huis-kerk in...
Wat jy eerste kry as jy by die voordeur instap is lig! Daar is ’n lampstander wat lig gee. Jy ontmoet in die dié kerk vir Jesus Christus. Hy is hier teenwoordig. Ja, daar is gebreke, maar Hy is teenwoordig!
Die gemeente kry sy identiteit by Jesus Christus! Op 2:1 :”So sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand vashou en wat tussen die sewe goue lampe rondgaan”.
Die sewe sterre is die kerk. Die Griekse woord ”vashou” wat hier gebruik word beteken dat Jesus algehele beheer oor die kerk het. Maar die Griekse woord veronderstel ook dat al sewe sterre in sy hand vashou-maw die ganse kerk. Dus nie net ons kerk nie, maar die ganse kerk. Wanneer mense probeer verwydering tussen kerk en kerk in te bring moet ons onthou dis nie hoe Jesus maak nie. Hy hou almal vas... ons gemeente en ander kerke. Ons hoor die troos dat niks kan ons uit Sy kragtige hand ruk nie, net mooi niks.
Maar Hy beweeg ook “wat tussen die sewe goue lampe” Lampe is ook kerke. Selfs al gaan ons deur uitdagende tye is die Glansende Helder Lig van Jesus by ons. Hy is orals teenwoordig, maar veral waar mense ontmoet in Sy naam. Geen kerk het die alleenreg op Sy teenwoordigheid nie, maar ons kan daarop staat maak.
Dit is interessant Efese destyds die “Lig van Asië” genoem is. Nou sê Jesus dat die gemeentes die plekke van lig is! Dat Hy die Lig in sy hand hou!
Ons is ligdraers in die hand van Christus. Hy is die Ligbron deur wie ons brand. God is lig, en in Hom is glad geen duisternis nie. Miskien herken u die woorde. Dis woorde van dieselfde apostel Johannes. Hy skryf dit in sy brief. 1 Johannes 1: 5 - 7.
"En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons, en doen nie die waarheid nie. Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar".
Die gemeente van Efese leef inderdaad in 'n duistere wêreld met al die afgodstempels, priesters, tempel prostitute, egotistiese kultuur, magsmisbruik en materialisme. te midde van dié duister konteks het hulle lig laat skyn.
Jesus sien in die gemeente verskeie dinge wat so goed verloop! Hy sien nie net dit wat verkeerd is nie. Die goeie word gesien en gevier. Anders as sommige wat net altyd op soek is na alles wat verkeerd is. in hierdie huis van die Efesiërs gemeente kry jy mooi dinge:
Die eerste wat Jesus sien dat hier in die huis harde gewerk word. Die naaldwerk tafel en studeertafel wys dat hulle hard werk. Die gemeente is betrokke en daar gebeur baie dinge. Hier is aksie en programme en dienswerk in Efese! Jesus sien dit en prys dit aan.
Hy sien die biblioteek met boeke in die huis dat hulle regtig soek om die regte manier te glo. Hulle glo nie sommer enige persoon wat voorgee dat hulle geestelike boodskap het nie!

Hy loof hulle dat hulle verkeerde dinge uitgewys het en nie alles vir soetgoed opgeëet het nie. Daar was valse leraars wat hulle ware geloof sou kon beïnvloed. Daar was ook talle probleme wat veroorsaak is deur die vals leraars in die gemeente. Die gemeente het egter nie daarvoor geval nie.


V 6 verwys byvoorbeeld na die Nikolaiete. Hulle was ook ’n probleem in Pergamum- gemeente. Ons sal dan meer daaroor nadink. Maar Efese het hulle nie aan die Nikolaiete gesteun nie en aan die regte leer vasgehou!
Verder kan jy sien die huis is eintlik baie netjies. Hulle hou aan om te doen al dit soms baie moeilik. Die konteks vir die vroeë kerk het dit uiters moeilik gemaak op elke vlak van menswees. Christene is benadeel en vervolg. Hulle is kultureel, sosiaal, finansieel, polities en godsdienstig benadeel. Handelinge vertel van Paulus wat gereeld voor die hof gedaag is, na die teater gesleep is, aangekla is in die hof en sosiaal verwerp is. Maar hierdie gemeente het volhard tsv van die lyding en aanslae van die stad waarin hulle geleef het.
Wat ’n mooi getuigskrif oor die gemeente!
Maar alles was ongelukkig nie pluis in die gemeente nie. Op 2:4 “Ek het dit teen julle: julle het my nie meer lief soos in die begin nie.
Letterlik staan dit baie sterker: “Julle het julle eerste liefde versaak.” Dws hulle het nie net afgekoel in hulle eerste liefde nie, hulle het dit glád nie meer nie.
Die eerste liefde is verlaat. Soos dit ook maar in 'n huwelik kan gebeur. In die begin kan die liefde alles oorwin. Jy sien wel mekaar se gebreke en tekortkomings, maar in die vuur van die eerste liefde maak jy daarvan nie 'n probleem nie. Waar wrywing is, ontstaan warmte, sê ons dan. Pragtig, maar later... Dan kan aanvanklik klein ergernisse uitgroei tot groot probleme. Want die liefde is dan nie meer in staat om dit op te vang nie.
Die gemeente se probleem is, dat hulle toewyding en liefde vir Jesus nie meer is soos in die begin nie. Hierdie gemeente is juis vroeër daarvoor geprys dat hulle so besonderse liefde getoon het teenoor mekaar en ook teenoor God (Ef. 3:17-19). Die meeste van die oorspronklike kerkleiers was toe al dood en die nuwe geslag het net nie meer die Here so vurig liefgehad nie. Die gemeentelede was baie besig en het hard gewerk, maar nie met suiwer motiewe nie. Geen werk is vir God blywend, tensy dit gedoen word uit liefde vir Hom en ander nie.
Die gemeente bruis nog van aktiwiteite, hulle is onvermoeibaar in die verdediging van die een van die Naam van Christus, en tog... hulle kort liefde. Ywer is daar genoeg. Geen inspanning is teveel nie, maar die fondament waarop dit alles moet staan, het bros geword. Die liefde is nie meer die bron waaruit hul aktiwiteite voortkom nie.
Die entoesiasme is weg-die wittebrood is verby, die vonk en passie is weg. Christenwees is net nog iets wat ek doen. As dit nie daagliks lewensinspirerende gevolge in jou lewe het nie mis geloof sy doel.
Maar wie die liefde verloor het, verloor alles. Al het ek alles, selfs al doen ek nog die regte dinge, en al hardloop die regte programme nog in my gemeente, maar daar is nie liefde nie … dan baat dit my niks (1 Kor 13).
Al het ek wat ook al verduur vir die naam van die Here, en ek het die liefde verloor, dan het ek niks meer nie. “Al sou ek al my goed uitdeel, en al sou ek my liggaam oorgee om verbrand te word, en ek het die liefde nie, dan sou ek niks wees nie. “(1Kor. 13: 3)
Dink aan die volgende uitspraak van die Here Jesus: En Hy antwoord en sê vir hulle: Tereg het Jesaja oor julle, geveinsdes, geprofeteer soos geskrywe is: Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. (Markus 7:6 AFR1953) Dit verwys terug na Jesaja se uitspraak in Jesaja 29: En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My ’n aangeleerde mensegebod is, (Jesaja 29:13 AFR1953)
Hulle beywer hulle vir baie sake, maar hul straal nie meer liefde uit na ander mense nie.
Leef met Passie is wat kort! Wat is PASSIE? Waaraan dink jy? Baie dink aan ou en meisie wat saam is in omhelsing, oorgawe van hele menswees aan mekaar.
Die oorsprong van die woord le egter in die lewe van Jesus! PASSIE soos in woord PASSIESPEL of in Film Passion of the Christ. Passie is ook die woord wat verwys na die sterwe en opstanding van Jesus. Vanuit die verhaal van Jesus kry ons die betekenis van passie.

Passie is om jouself totaal te gee. Soos Jesus homself totaal te gee.

Jesus vb Hy gee alles! Wanneer hy gee, gee hy alles. Wanneer Hy dien doen Hy dit met oorgawe, met sy hele wese! Algehele oorgawe: doen, dink, wil en hart

Daardie faset van totale oorgawe kort by die Efesiërs!


Redes vir liefde en passie wat verdwyn:
Adrio König sê dat dit dikwels die gevolg is van stryd tussen gelowiges. Waar groepe binne kerke of gemeentes begin stry weens hul honger na mag of gesag, kan ‘n kerk of gemeente skeur en in die proses verloor mense die Een uit die oog om wie dit tog eintlik moet gaan.
Hulle het naderhand vir dwaalleer nee gesê sonder dat dit ’n saak van die hart was. Hulle het hulle eerste liefde verlaat omdat hulle koud en verstandelik beredeneerd geraak het oor sake wat uit die hart moes kom. Hulle het hulle kerk verdedig, en hulle het geweet wat is reg, sonder dat dit vir hulle ’n saak van belewenis was. Godsdiens het ’n suiwer verstandsaak geword. Die gevaar is daar dat ’n kerk so koud en beredeneerd kan raak met feite dat hulle die Here verloor.
Hierdie beheptheid vir die korrekte leer, het die liefde vir ander mense doodgemaak. Waar leer liefde vervang, is die prys te duur! Onthou weer Dorothy Day se woorde:” You only love God as much as you love the person you love the least.” As hulle 'n ongelowige ontmoet, dan kan hulle sommer sê wat is verkeerd met hom, maar hulle is eerder veroordelend as werwend besig.
Wel dit kan ook in 'n gemeente gebeur. As mense hulle nie meer deur die liefde tot Christus laat lei nie, dan begin die liefde tot mekaar ook haper. En dit is die begin van die einde. Dan lyk alles vir die oog nog reg, maar tog...
In dien nie: As die lamp uit sy plek geneem sou word, sou dit een van twee dinge beteken: dat die gemeente nie meer effektief is nie of dat dit glad nie meer as ʼn gemeente funksioneer nie. Net soos die lamp (kandelaar) met sewe kerse ʼn lig vir die priesters moes wees, moes die gemeente hulle lig in die samelewing laat skyn.

En daarom waarsku Christus die gemeente. Hou jul kandelaar brandende. Laat julle voed deur my liefde. Die bestaan van die gemeente sal beëindig word as hulle nie terugkeer na hul eerste liefde nie


Dalk het dit gebeur in Efese se geval. Stad is 3 x verskuif omdat die hawe toegespoel het. Die gemeente bestaan ook nie meer nie. Is die lamp is weggevat omdat hullle liefdeloos was?
Die teks stel die volgende voor om daardie vonk van Liefde weer terug te kry: Reflekteer, bekeer en doen!
Reflekteer/ONTHOU: Ons moet by tye gaan nadink oor ons lewe. Dink weer oor Hoe jy God se liefde in die begin ervaar het. Dink watter impak dit op jou elwe gehad het. Onthou jy hoe leeg jou lewe was sonder God? Hoe het jou verhoudinge vroeër gelyk – met die Here, met diegene na aan jou, met medegelowiges, met mense wat jou hulp nodig het?
BEKEER: Verander, draai om, begin oor, soos aan die begin toe jy jou vir die eerste keer verbind het… En hoe weet ons dan dat ons verander het?… Stap en fokus weer op God, as middelpunt van jou lewe. Laat sy Liefde jou oorrompel!
DOEN: Doen weer wat julle lank terug gedoen het. Soos verliefde wat weer dinge saam doen. Hê My weer lief. Hê mekaar en ander weer lief. Stry en word moeg en volhard – nie vir eie gewin of om op jou eie seepkissie te bly staan ten alle koste nie, maar ter wille van die evangelie, ter wille van My. Dit bring ons terug by die begin van die brief: “Ek weet alles wat julle doen.” Doen is die teken van ware geloof.
Luister na die stem van God die Heilige Gees! God die Heilige Gees praat met die kerke! Hierdie uitspraak is nie net ’n wens wat uitgespreek word nie. Dis ’n opdrag en ’n plig aan elke kerk! Elke kerk moet daarom luister dat die Gees haar leer om God met my hele wese te leer ken.
Belofte: Te ete van die Boom van die Lewe!
Die gevolg mense wat in liefde leef is dat die Here saam met hulle by hulle huis aan tafel sit en aan hulle oorvloedige goddelike gawes gee! Hulle eet uit die PARADYS se tuin!

Dit is die belofte aan ons toegesê: Jy mag eet van die boom van die Lewe in die Paradys. Ons onthou die boom wel uit Gen. 3. Dit is die boom waarnatoe die toegang afgesluit is, na die sondeval. Nou is die pad weer oop!

Op 22:2, 14 en 19 verwys weer na die boom van die lewe wat teken is van God se teenwoordigheid, genesing en lewe! Dit word aan ons aangebied. Sit aan by die Tafel saam met die Here en verlustig jou aan die lewe wat aan jou voorgesit word!


Yüklə 1,45 Mb.

Dostları ilə paylaş:
  1   2   3   4   5   6




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə