Prosedures vir konsessies



Yüklə 41,79 Kb.
tarix03.11.2018
ölçüsü41,79 Kb.
#77781


REGISTRATEURSAFDELING

VORM 2:

PROSEDURES VIR KONSESSIES:

STUDENTE MET SPESIALE LEERBEHOEFTES (GESTREMDHEDE)

VIR DIE AANDAG VAN PRAKTISYNS EN AANSOEKERS OM KONSESSIES (STUDENTE)
1. Algemene opmerkings
a. Hierdie aansoek om ekstra skryftyd in toetse en eksamens (en ander eksamens wat met konsessies verband hou) is ’n nuwe aansoek en geen vorige assesserings/verslae kan alleenlik as aanvullende inligting gebruik word nie. Hierbenewens impliseer ’n konsessie wat in die verlede toegestaan is nie ’n outomatiese verlenging daarvan op tersiêre vlak nie.
b. Die Universiteit Stellenbosch (US) streef daarna om binne ’n raamwerk van billikheid en bekostigbaarheid die grootste moontlike spektrum van die Suid-Afrikaanse samelewing te bedien. Die US is ook verbind tot die beleide en riglyne wat billike tegemoetkoming van studente met spesiale leerbehoeftes vereis. Die oorkoepelende doelwit van die konsessies van ekstra skryftyd tydens toetse en eksamens is om studente met sekere gestremdhede op dieselfde vlak as studente sonder gestremdhede tydens die skryf van toetse en eksamens te plaas.
c. Ten einde regverdig teenoor alle studente te wees, vereis die Registrateursafdeling dat studente wat om akademiese konsessies aansoek doen aan die US gedetailleerde en resente (drie jaar en minder) aanvullende inligting en dokumentasie verskaf wat motiveer waarom konsessies nodig is en hoekom dit nodig is om die student te ondersteun.
d. ’n Volledige beskrywing van die probleem is nodig en waar van toepassing moet die battery psigometriese instrumente wat voltooi is, aangedui word.
e. ’n Student wat om konsessies soos ekstra skryftyd, skribeerders of enige ander gespesialiseerde tegnologie aansoek doen vir die skryf van toetse en eksamens moet motivering vir die versoek deur ’n professionele praktisyn bied, wat ’n toepaslike mediese praktisyn, sielkundige, psigiater, oogspesialis of arbeidsterapeut kan insluit, na gelang van die aard van die gestremdheid of toestand.
f. Alle aanvullende dokumentasie wat nie ouer as drie jaar is nie (en wat by hierdie vorm aangeheg moet word) word deeglik geassesseer vir oorweging van die vereiste steun ooreenkomstig ons interne prosesse vir die fasilitering van steun.
g. Geen geestes- of sielkundige toestand wat doeltreffend met medikasie en/of psigoterapie en/of enige ander prosedure behandel word, mag as motivering vir ’n
konsessie van ekstra skryftyd tydens toetse en eksamens gebruik word nie. Sou die behandeling egter onsuksesvol blyk te wees, moet die praktisyn (bv. die psigiater) skriftelik aandui hoekom die program nie doeltreffend is nie, watter alternatiewe oorweeg word, en hoekom ekstra skryftyd tydens toetse en eksamens as ’n kompenserende maatreël gegee moet word.
h. In die geval waar `n psigiatriese diagnose alleen as motivering vir ’n aansoek om ekstra skryftyd tydens toetse en eksamens aangebied word, moet ’n resente psigiatriese verslag die aansoek vergesel, waarop aangedui word waarom ekstra skryftyd as ’n konsessie vereis word, hoe die toestand met die aksie van toets of eksamen skryf verband hou, asook vir watter tydperk die konsessie oorweeg moet word.
i. Gevalle van spesifieke leerprobleme en leerversteurings moet deur ’n opvoedkundige sielkundige geassesseer word en ’n volledige DSM-diagnose moet gemaak word, byvoorbeeld DSM-V: 315.00 Leesversteuring of 315.2 Versteuring van Skriftelike Uitdrukking. ’n Bewese geskiedenis van die geval, wat noukeurig opgeteken is, moet ook beskikbaar gestel word. Indien sodanige geskiedenis nie beskikbaar is nie, moet redes daarvoor gegee word. Swak leesvermoë (of taalvermoë) kan gewoonlik deur ’n leesontwikkelingsprogram verbeter word, en kwalifiseer dus nie as motivering vir ekstra skryftyd nie.



VIR DIE STUDENT

Jou aansoek moet vergesel word van aanvullende inligting wat deur spesifieke praktisyns verskaf is (hierdie vorm 2) wat jy geraadpleeg het. Maak seker dat jy ook jou persoonlike aansoekvorm (vorm 1) tesame met jou akademiese departement se goedkeuring op bladsy 4 voltooi en dit per e-pos na skryftyd@sun.ac.za stuur. Die finale besluit oor alle konsessies is die verantwoordelikheid van die Registrateursafdeling. Die Universiteit behou die reg voor om nie ’n konsessie toe te staan nie asook om op die hoeveelheid finale ekstra tyd wat toegeken word, te besluit.




  1. Dit bly die student se verantwoordelikheid om te sorg dat die Registrateursafdeling die nodige dokumentasie ontvang. Vir administratiewe doeleindes is dit belangrik dat alle dokumentasie gesamentlik gestuur/ingehandig word (vorm 1, vorm 2 en die Oorsiglys-insluitend alle kollaterale dokumentasie).

  • ALLE dokumentasie moet verkieslik elektronies geskandeer word en gestuur word na skryftyd@sun.ac.za.

  • Indien dit nie moontlik is om elektroniese weergawes te stuur nie, kan gedrukte afskrifte by die Eksamenskantoor (kantoornommer A2075) Admin A ingehandig word.

  1. Maak seker dat alle besonderhede hieronder volledig ingevul word. Hierdie verslag kan nie verwerk word as alle besonderhede nie ingevul is nie.

  2. Die voltooiing van die praktisynsverslag is verpligtend vir enige aansoek.

U KAN ELEKTRONIESE WEERGAWES VAN DIE VORMS VANAF DIE WEBTUISTE AFLAAI (www.mymaties.com) onder Eksamen/Toetsinligting

STRENG VERTROULIK

(Voltooi asseblief in drukskrif)

PRAKTISYNSVERSLAG

Naam van praktisyn:

Datum: Kontaknommer:


Geregistreer as: Registrasienommer:

Naam van student: Studentenommer:

Graadprogram: Studiejaar: Ouderdom:



  1. Dui aan die diagnostiese kategorie volgens die DSM-IV-TR of die ICD-10 aan.


Onthou dat:

  • ’n diagnose deur ’n psigiater benodig word vir ’n sielkundige toestand (bv. angsversteurings, gemoedsversteurings en aandagtekortsteuring).

  • ʼn diagnose deur ʼn opvoedkundige sielkundige benodig word vir ʼn leerversteuring.

  • indien ʼn diagnose nie moontlik is nie, ʼn genoegsame beskrywing van die probleem deur die relevante praktisyn aangedui moet word.

  • waar van toepassing, assesserings wat tot die diagnose gelei het, ingesluit moet word.

2. Geskiedenis van die probleem – dui die intervensies en ondersteuning wat in die verlede ontvang is aan. (Indien geen geskiedenis beskikbaar is nie, motiveer waarom.).


3. Dui die prognose aan en hoe die toestand skryfvermoë beïnvloed.


4. Is die toestand remedieerbaar? Kan dit behandel word? Indien nie, motiveer waarom dit die geval is.


5. Dui huidige en toekomstige intervensies in volgorde aan.

6. As die enigste voorgestelde ondersteuning ekstra skryftyd is, motiveer waarom dit die geval is.

7. Indien medikasie as deel van die behandelingsplan gegee word, en ekstra skryftyd word voorgestel, verduidelik waarom ekstra skryftyd as ’n bykomende intervensie nodig is.

8. Indien die gediagnoseerde toestand ’n spesifieke leerversteuring is, moet gemotiveer word waarom vaardigheidsontwikkeling soos lees, spelling, geheue, potloodgreep en so meer nie doeltreffende behandelingsopsies vir die toestand is nie. Ekstra skryftyd kan slegs as die enigste opsie aangetoon word as die toestand nie meer remedieerbaar is vir die duur van studie nie (op sowel voorgraadse as nagraadse vlak).
9. Indien die student medikasie weier, moet dit deur die praktisyn wat die assessering doen, aangetoon word. Die redes vir weiering van medikasie moet in die verslag aangetoon word, asook die moontlike implikasies van sodanige besluit.
10. Dui die aanbevole ekstra skryftyd per uur aan wat as ’n intervensie aanbeveel word (op grond van u kliniese assessering en diagnose).

5 min/u; 10 min/u; 15 min/u; 20 min/u

Let daarop dat die Universiteit die reg voorbehou om nie konsessies toe te staan nie asook om op die hoeveelheid finale ekstra tyd wat toegeken word, te besluit.
11. Dui die aanbevole duur van die konsessie(s) aan, bv. 1 maand; 6 maande;

1 jaar, duur van studies.



Na my professionele mening is die bogenoemde behandelingsplan en aanbevelings die beste opsies in hierdie spesifieke geval.
Handtekening van praktisyn:

Stempel (indien beskikbaar):

Datum:


Heg ’n briefhoof van u praktyk vir verifiëringsdoeleindes aan.



Yüklə 41,79 Kb.

Dostları ilə paylaş:




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə