Liturgie lynnwood Oggend 016/05/08 efese : Ontdek jou eerste liefde en eet van die Boom van die lewe!! Pinksterlied elke keer


Hoe skep ons uit dit wat gegee is?



Yüklə 1,45 Mb.
səhifə3/6
tarix17.11.2018
ölçüsü1,45 Mb.
#80596
1   2   3   4   5   6

Hoe skep ons uit dit wat gegee is? As ek aanvaar dat die Here wel al die gawes aan my gegee het is die Hoe leef ek uit die skatkis? Hoe kan ek die gawes nou deel mak van my lewe?
Sien WIE GOD IS : OP 2:8 : God is die Eerste en die Laaste... Mens en God, Kneg en Heer!
Leef met die bewussyn dat jy in God is!!! Die bewussyn werk soos bewussyn van jou regterhand. Dis altyd daar. Jou onderbewuste weet tog heeltyd dat jou hand hier is en tot jou beskikking is. Dink jou in as iemand vergeet dat hy ‘n regterhand het!
Wanneer jy met daardie bewussyn leef dat Jesus by jou is, in jou is, verander alles. Jy is skatryk! Neem enige situasie in jou lewe: skool, werk, verhouding, siekte, bekommernis

  • Wat jy ook al op fokus vergroot!!! Waarop jy fokus word meer. As jy net op die uitdaging se eise en pyn en probleem alleen fokus word dit meer. As jy fokus op die teenwoordigheid van God wat sal gee wat jy nodig het , genoeg sal gee, oorvloedig sal gee…fokus jy op iets anders en dit word meer! Jy sal begin sien wat God gegee het. Hoe hy nuwe hoop en perspektief gee!



TEKS sê: Kennis van Christus sluit die skatkis oop: Kruis se gawes, Opstanding se gawes, hemelvaart, regterhand van God… en natuurlik die GAWES van die GEES,…selfs nog meer GEES SELF!
Dis hopelik nie nodig om vir julle om te verduidelik dat die gawes van die Gees en die Gees self nie verdien word nie. Dit is “gawes” of “geskenke”(teks). Dit is immers reeds gegee!!!! Dit word uit genade geskenk.
Daarom is kern vaardigheid wat ons kan help die ontwikkeling van jou bewussyn/ Awareness, om bewus te wees van wat jy dink, wat jy kies. Dat jy jou gedagtes kan rig op bewussyn van God se Gees in jou en Jesus se gawes aan jou. En dan daaruit met geloof te leef!
Hoe lykn lewe wat leef uit die Skatkis van God se gawes?

  • Om ja te sê vir God en die LEWE!

  • Dit verbind die realiteit van ons lewe met God. Swaarkry, pyn, lyding en grenservarings soos geboorte, groei, verganklikheid , grense van kennis en mag,

  • Laat mense Wakkerder leef! Meer bewus van die oomblik, mense, self,God. Ontwaking tot die lewe, nie net ‘n tipe zombie lewe nie. Die doodgewone word Buitengewone! – Dirkie Smit Stukkies Hemel op Aarde

  • Beleef tuiskoms in jouself (Om vrede te maak met jouself en jou menslikheid)

  • Dit breek ons vry uit die tronk van die denke om ook ons sintuie te ervaar

  • Verbind ons met alle ander mense in respekvolle manier

  • Gee aan ons ‘n betekenisvolle lewe, sin en rigting!

  • Oop vir verwondering, wonders, misterie nie eensydige nasionaliteit en beheer nie

  • Die liggaam waardeer nie as perfekte ligg. nie, maar gebroke en brose, swak, gekreukelde, met kanker besmette, gestremde liggaam! Egte menslikheid erken. Ons onvolmaakte liggame word magneties aangetrek na Jesus wie se liggaam ook so lyk. So deel ons inmekaar se lyding: Een se lyding word almal s’n. : 1 Kor 12:26

  • Dan is jy reg om die gawes van oorvloed uit te deel. In die GEE ontvang jy… Gee liefde en ontvang liefde, gee egte komplimente en ontvang dit, gee egte omgee, en jy ontvang dit, gee glimlag en ontvangs dit, help iemand en ontvangs dit…. Hoe meer jy gee, hoe meer ontvangs jy.

Die Gees is jou kern lewenskrag. Spiritualiteit is veronderstel om vir ons energie te gee om die lewe te leef. Lewegewende spiritualiteit bring ons in verband met ons diepste verlange en sal ons in beweging bring daarheen. Dit dryf ons na volheid, heelheid en integrasie.

Gees gee sprankel, ... lig en beweging; dinamies, gee energie, vitaliteit en verryking. Soos vuur en wind steek die gees aan en beweeg! Energie om die lewe ten volle te leef.
SLOT
IN OPENBARING is God op sy troon sê “Kyk ek maak alles nuut” – “Dit het reeds gebeur!!!! (21:5) Waar? Met kruis en opstanding! Wat ons hier lees in Openbaring is die gerealiseerde waarheid wat later in volheid sal realiseer! Die boodskap op die hoeksteen is ook vir elkeen van ons!
Leef uit die Gawes wat Gees gee en jy sal die teks se woorde ervaar: “Ek sal julle die lewe as kroon gee!”
GEBED


SLOTLIED
Here Jesus u Skyn oor Almal
Seën:
Die Here is voor julle om die pad vir julle gelyk te maak

Die Here is langs julle om julle in sy arms toe te vou

Die Here is agter julle om die aanvalle van die vyand af te slaan

Die Here is onder julle om julle te dra as julle mag val

Die Here is rondom julle om julle te beskerm

Die Here is bokant julle om julle te seën;

Die Here is binne julle om julle te lei na sy wil;

So seën die drie-enige God julle, van nou af tot in ewigheid!

AMEN

LITURGIE Lynnwood Maandagaand 2016/05/09: 3 Pergamum: Suiwer leer en Soetkoek
Pinksterlied: elkeen op eie bid op eie, woorde op skerm :

(Rolf speel sag “Nader my God by u” LB 512)
1 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.


2 U is die trooster wat ons lei,

geskenk van God wat by ons bly!

U, Lewensbron, van bo gestuur,

deurgloei ons met u liefdevuur!


3 Bestraal ons, Bron van alle lig,

en toon ons God se aangesig.

Deur U geheilig, spreek ons mond,

eer ons u dade oral rond.


4 Gee helder lig aan ons verstand

en laat u liefde in ons brand.

Ons self is nog so swak, ons wag

dat U ons sterk met Pinksterkrag.


6 Gee dat ons geest'lik helder sien,

die Vader, Seun in waarheid dien.

O Gees, van albei uitgegaan,

U't ons kom troos, by ons kom staan.


7 Kom, Skepper-Gees, besoek u kerk,

U wat vernuwe, ons versterk.

Vul self u skepping, Heil'ge Gees,

met krag op hierdie Pinksterfees.


Seëngroet: Openbaring 1:4-5
Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom,

en van die sewe Geeste voor sy troon,

en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Uit liefde vir ons het Hy ons deur sy bloed van ons sondes verlos en ons sy koninkryk gemaak, priesters vir God sy Vader.

Aan Hom behoort die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.



Lofprysing:

  • LB 449:1,3,4 (Gees wat ons leer en lei)

  • LB 450:1,2 & Engels v1

Gebed:
O Ewige Lig,

terwyl ons pad deur gevaarlike gebergtes loop,

verkeer ons in ’n sons verduistering,

sodat ons nouliks kan sien hoe ons die klowe en kranse moet hanteer.

Maar ons sien ’n randjie lig

en ons weet dis U wat wil uitkom oor ons.

Hier is die hulpgeroep wat ons vanaand laat opklink:

gee ons ’n fees van ligte,

laat u lig ons oorstroom en deurdring.

Ons het saamgekom uit ’n skemerwêreld

vol onsekerhede en dreigende gevare.

Daar lewe baie vrese in ons harte

en soms voel dit of hulle groei.

Maar ons is bymekaar om dit te vier dat U gekom het.

U is hier!

Ons beledig U as ons vrese inlaat.

Ons gebed is: Laat u magtige teenwoordigheid ons so oorweldig dat ons nie dieselfde mense sal wees as ons hier uitstap nie.

Amen
Sang:


LB 431:1,2 O Gees van Vader en van Seun
Agtergrond Pergamum
Pergamum, geleë op ’n keëlvormige heuwel sowat 20 km van die kus, het in 133 v.C. deel geword van die Romeinse provinsie, Asië. Pergamum word deur sommige geleerdes aangewys as die hoofstad van Asië, eerder as Efese.

Die stad was veral vir drie dinge bekend:



  • plek van geleerdheid(saam met Athene en Aleksandrië)

- biblioteek met 200 000 + boekrolle!

- Naam Pergamum is kom van die naam “perkament”: fyngebreide

diervelle

- Florerende bedryf, aan die destydse wêreld perkament voorsien!



- Die Asklepion was wêreldberoemde mediese sentrum!

- Slang het die naam Soter, wat redder beteken, gehad. Vir Christene te erg.

- Siekes in lokaal vol slange gelos oornag, as slang aan jou raak sou jy genees

word! Hippokrates sy beroemde mediese sentrum hier.



  • Stad was sentrum van verskeie heidense godsdienste

- Hoog op die heuwel enorme altaar vir Zeus gestaan

- Tempels vir ander gode en godinne: o.a. Dionisius, Atena en vir die keiserverering was Pergamum die hoofsentrum



- Mens kon dit die hoofstad van afgodery noem!
Christene is erg vervolg en gebrandmerk as ateïste! Hulle het nie keiser of Asklepius as “soter”, redder bely nie.
Skriflesing: 2:12 -17
PREEK:
Daar is ‘n internetkultuur wat my baie keer verstom: mense maklik eposse of artikels op die internet of FB plasings aan wat hulle van ‘n ander ontvang het sonder om die waarheid daarvan te toets. Die “share” of “forward” funksie. So stuur mense vir mekaar allerhande belaglike eposse en plasings aan. Wat my egter die meeste fasineer, is dat sommige mense so liggelowig (gullible) is dat hulle alles glo wat hulle lees!

  • Daar was bv die hoax dat mens die nuwe iPhone in die mikrogolf kan laai!

Ek weet nie of ek mense moet jammer kry of vir hulle lag omdat hulle so maklik daarvoor val nie.

  • Bill Gates deel nou sy geld uit, stuur net jou bankbesonderhede aan ‘n adres dan betaal hy jou ‘n gedeelte van sy rykdom uit.

  • Daar is FB hoaxes: Foto van helikopter en haai, laai jou iphone met ui, Nasa bewys een dag wat weg is uit wêreldgeskiedenis dus is Bybel reg, suurlemoen wat kanker genees, feetjie wat in opgrawings gevind is, Facebook Owns the Copyrights on Your Information- hoax, view who looks at you profile,

  • Epos hoaxes: Jy het geld van ander land se lotto gewen (waarvoor jy nie eers ingeskryf het nie!), Nigeriese geld scam(“verneukspul”) . Dat mens aan ‘n spesifieke persoon ‘n epos moet stuur as deel van ‘n petisie. Dié persoon is al 10 jaar gelede oorlede! En die saak is uitgegooi uit die howe, jare gelede al.

Al die voorbeelde was natuurlik nonsens! Die uitdrukking vir die tipe foppery/misleiding is ‘n “hoax”. Daar is baie webbladsye waar mens die waarheid van epos inhoude kan toets soos by urbanlegends.com of snopes.com of hoax-slayer.com
Wat my egter die meeste pla is hoe maklik “mense alles wat hulle lees vir soetkoek opeet”. Die uitdrukking beteken mos dat iemand alles glo wat ‘n ander een aan jou vertel.
Die verklarende woordeboek sê die word vir “mense wat geneig is om te maklik te glo sonder om ondersoek in te stel of dit waar kan wees” is “liggelowig”. Mense wat sommer alles wat hulle hoor of lees sommer glo is liggelowig!
‘n DVD wat pas vrygestel is met titel Religulous bevestig hierdie tendens. Dit is skokkend hoe maklik mense iemand sal volg wat maar net ‘n godsdienstige sousie of Bybelteks oorgooi. Hulle het bv ‘n gesprek met iemand wat hom voordoen as die 2de Jesus! Ernstig! En hy het vandag 100 000 volgelinge! En hulle betaal hom duisende dollars! Mense is oor die algemeen liggelowig!
As jy net om jou kyk na watter vreemde gemors mense vandag selfs in die kerk glo, gaan dit jou verstand te bowe! Mense glo en val sommer maklik vir vreemde leer in kerke. Dit was egter in Pergamum ook maar net so!
OPENBARING TEKS: Die konteks van die stad Pergamum was die dat dit die hoofsentrum van kennis en geleerdheid was. Hulle was oortuig hulle het die regte kennis. Hulle was oortuig hulle was die slimste en ander wat nie die kennis het nie was dom. Ander is selfs gedwing om te dink soos hulle dink.

Dit is betkenisvol dat juis in die brief aan die stad van Perkamente, (Pergamum), Jesus voorgestel word as die Een wat met onderskeidingsvermoë uitsprake maak. Soos met die ander 7 briewe word ‘n faset van die visioen van Jesus uit hoofstuk 1 gebruik en op die stad van toepassing gemaak. Hier word die fokus op Jesus se skerp swaard met die twee snykante geplaas . In hoofstuk 1 kom die swaard uit die mond van Jesus wat die metafoor is vir die wysheid wat uit Jesus se mond kom! Dus teenoor die geleerdheid van die stand bring Jesus ware wysheid!


Jesus sê dat hy weet hoe moeilik die konteks waar hulle woon(2:13). Pergamum is die “troon” van Satan. die hoofkwartier van die afgodediens. Hy besef dus hoe moeilike omgewing dit is om nog die suiwer leer te kan herken en daaraan vas te hou. Die Christene van Pergamum word geprys dat hulle bly vashou aan die leer en geloof in Jesus al is dit moeilik. Sommige, soos Antipas, is selfs twv hulle geloof doodgemaak!
Maar Jesus Christus sien wel iets wat hom pla. sommige het ‘n vreemde leer begin aanhang. Sommige het nie by die suiwer leer gebly nie. Die omgewing se invloede het veroorsaak dat hulle die leer van die Nikolaïete begin aanhang het. Hulle was volgelinge van Nikolaus wat in Handelinge 6:5 verkies is. Hierdie mense was dié wat hulleself in hulle tyd as die beter mense beskou het. Die Nikolaïete het gedink dat hulle ’n wyer uitsig op die lewe het as wat die ander verkrampte mense het. Die gevolg van hulle lewensbeskouing was dat die Nikolaïete hand aan hand met die wêreld begin lewe het. Hulle het hulle vasgehou aan die leer van Bileam wat deur Balak geleer is. Ons lees mos in die Ou Testament (Num 22–25). dat Balak vir Bileam laat haal het om die Israeliete te vervloek. Maar teen sy sin het Bileam elke keer die Israeliete geseën. Omdat hy toe presies die teenoorgestelde gedoen het as waarvoor Balak hom laat haal het, het Balak geweier om Bileam te betaal vir sy dienste. Om wraak te neem op God, het Bileam toe later weer na Balak toe teruggegaan, en aan hom vertel dat hy nie die volk Israel teen die wil van God in kon vervloek nie. Hy het egter vir Balak ander raad gegee: Balak moet sy volk se jongmeisies stuur om die Israelitiese mans te verlei. Dit sal die Here kwaad maak, want die Here het sy volk verbied om met ander volke te meng. Verder het hy gesê dat Balak die Israeliete na die afgodsoffers toe moes verlei, want dit sou finaal die toorn van die Here opwek, en dan sou die Here hulle straf.
Dus is die Nikolaite ‘n sektegroep wat heidense afgodery en onsedelikheid die kerk in wou dra. Hulle het die filosofie van die Gnostiek gebruik as leer. Dit was 'n heidense filosofie wat die Christendom baie kwaad berokken het, deurdat dit ook vir Christene nogal aantreklike kante gehad het. Hul het naamlik in hul denke 'n geweldige teëstelling gemaak tussen die gees van 'n mens en sy liggaam (Dualisme). Daarby is dan die gees (siel) die belangrikste. Die liggaam is nie so belangrik nie. 'n Lewensgevaarlike leer! Immers die splitsing tussen gees en liggaam, kan jy sommer deurvoer in 'n splitsing tussen geestelike lewe en lewe in die wêreld. Sondags behoort jy met jou gees aan Jesus Christus! Maar Maandag kuier jy maklik jy jou by die Diana-tempel. Dis mos maar net my liggaam, nie my gees nie! Sondag luister jy na die wet van God. Maar Maandag verkoop jy Diana-beeldjies. Sondags prys jy Jesus Christus as enigste Heer. Maar die keiser moet tog ook eerbied betoon word.
Sommige in die gemeente het dus van die gesonde leer afgewyk. Sommige sou natuurlik in tye van siekte na die god Asklepius as redders, toe gaan en hoop die slange sal hulle genees!

Ons lees in Efese hoe die Christene daar aan die gesonde leer vasgehou het. Ongelukkig het hulle hulle liefde verloor. Maar die belang suiwer leer kom gereeld in die briewe voor.


Die leer van Christus is die ware suiwer leer. Hy bring die redding! Die verborge manna wat hier van gepraat word verwys na die kruik manna wat in die ark geplaas is (Eks 16:32-34) Dit verwys heel moontlik na die geestelike voedsel van die Nagmaal Christus wat werklik die lewe gee. As jy by die ware leer bly, sal jy gevoed word met die woorde van die lewe!
Verder sal jy ook ‘n wit steentjie ontvang!!! Aan die einde van ‘n verhoor het die regter ‘n swart steentjie in ‘n kruik geplaas as die persoon skuldig bevind is en ‘n wit steentjie in die kruik as iemand onskuldig bevind is.
>>> Dus die wit verborge manna in die kruik, is nou die wit steentjie van vergifnis wat die Here aan jou gee. Hou die leer vas dat Hy jou red!
Ander soortgelyke tekste roep ons op om te let op die regte leer en te val vals leraars en onsuiwer leer nie!:

* “Pas op vir vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken.” Matt 7:15

* Geliefdes, moenie enigeen glo wat sê dat hy die Gees van God het nie, want daar is nou reeds baie vals profete in die wêreld, maar ondersoek elkeen, ondersoek of sy gees van God afkomstig is! 1 Joh 4:1

* Kol 2:18 Moenie dat iemand wat behae skep in danige nederigheid en in die aanbidding van engele en wat voorgee dat hy allerhande visioene gesien het, julle daarmee mislei nie. So iemand verhef hom oor wat hy in eiewaan van homself dink...

Jy sal in jou lewe verskillende geestelike boodskappe, boeke, DVD’s, skrywers, films, teologië, idees, gedagtes en insette kry. Maar die uitnodiging van die teks is om dit te toets! Om die waarheid van dit wat aan jou opgedis word te ondersoek!

Soveel mense maak daarop aanspraak dat hulle die laaste en enigste waarheid het en daarmee manipuleer hulle mense om nie verder ondersoek in te stel en vir hulle self te dink nie. Veral ons outoriteitskonsep gemaak dat ons voel ons mag nie bevraagteken nie!



  • Baie kerkgroepe, ook in NG Kerk word dit soms so gekommunikeer. Ons dink vir jou!

  • Sommige Kanselklede: “So sê die Here Here”, en dan skep dit die indruk dat wat gesê word nie bevraagteken mag word nie!

  • Die uitdrukking ”Die Here het vir my gesê” of hierdie of daardie profesie oor jou ontvang!

  • Die Bybel word ook soms misbruik om te keer dat mense self dink en navraag doen!

In die Artikel in die Finesse onder die opskrif “Geestelike Beskadiging”, lees ek........

(Verhaal van Lukas en Antoinette sowel as par. net onder) Dit handel oor mense wat ‘n groep blindelings gevolg het sonder om te vra ... en land op die ou end sonder al hulle bates, bekendes en werk.... ook het die groep hulle gelos!
Artikel praat van geestelike “verkragting”...gemanipuleer in geestelike ervarings in.

Dit is gevaarlik om alles maar net so in te slurp! PP Godsdiens kan gevaarlik wees.


Hoekom so gevaarlik? Mense dink: “Aag teologie maak nie verskil nie!!! “
Teologie beïnvloed jou lewe radikaal!!! Groot impak van verskillende sienings!

* Prentjie van God beïnvloed alles: Hoe jy verhouding met God, jouself, ander en die wêreld sien.

* Vertel van my eie worsteling met ACSV - teologie : (my “gee” red my nie God se gee nie)

* Bv Besittings is wêreldgoed..... Nee, dis God se eiendom!

* Ander sê die vrou onderdanigheid is absoluut, mag nie nee sê vir man nie...net “later liefie”

* Alle Siekte sal genees word: As nie genees word nie jou fout! VERHAAL v seun sy pa…

* Mense gooi alle Chinese, oosterse en Indiese voorwerpe weg: bonsai, plakkate, klere ornamente omdat dit bose geeste bevat!
In film Leap of Faith: Seun word gesê hy nie genees is nie, omdat hy nie glo nie...
Mense dink teologie is onskuldig...Maar dis nie so! Teologie sal jou lewe radikaal beïnvloed. Omdat jou oortuigings die realiteit en jou ervaring daarvan skep!
Leap of faith vra die profeet vir die Here: “Why did you make so many Suckers?” Verlede jaar diens bygewoon in ‘n ander kerk. Ek kon nie glo dat hulle vir sy “truuks” val nie. Die mense haal letterlik duisende rande uit nav manipulasie, ook mense wat baie min het, die ou voor my het weer sy hart vir die Here gegee en hom toe vir die 7de maal laat doop..... Metodes om die mense tog net te laat vorentoe kom.
OPDRAG van Bybel TEKSTE: Onderskeidingsvermoë aanleer! Altyd Ook hier, ook as ek preek! Toets ook alles wat ek altyd vir julle sê! Alles van die kansel af.
Mense voel skuldig as hulle verskil met iemand anders wat ook ‘n Chisten is. Voel hulle is dislojaal as hulle kritiek lewer. Ons moet hoor dat dit ons opdrag is om te onderskei!

Baie mense dink die nuwe verstaan van waarheid beteken dat daar is nie iets soos absolute waarheid is nie. “Waarheid is Realtief”-uitdrukking of Whatever-generasie! > jongmense


Maar mense verstaan dit verkeerd! Die postmodernis waarheidsbeskouing sê nie dat daar nie ‘n absolute waarheid bestaan nie, maar dat nie een persoon of groep die volle prentjie van die waarheid het nie. Almal het ‘n hoek daarop! PP diagram
Waarheid is nie relatief nie, maar rasioneel!! In verhouding! Jou oortuiging voor God!

Romeine 14! Verskillende hoeke.


Dink, bid, ondersoek tog self! Gaan tog oop oë die lewe in! Selfs wat jy van dié kansel hoor! Luister na die stem van die tradisie en ander gelowiges!
Daar is verskeurende wolwe!!! met slim tegnieke!
Manipulasie en Breinspoel metodes
Oproep om rede te ignoreer en gering te ag: (VIDEO voorbeeld hoe Benny Hinn dit doen)

“Die Here” sê en “Bybel sê” ... sodat jy nie self moet dink nie

Breek kontak met bekendes: vriende en familie

Besondere omgee en ook soms moeg maak.....tot laat weerstand af

Sang lank en uitgerek om in hipnotiese staat

Persoonlike Lewe oorneem beheer elke gedagte en daad oop vir groep


Hoe onderskei mens?
1. Woord!
Ja, natuurlik, maar almal roem op die gebruik van die Skrif. Die vraag is hoe jy die Skrif lees! As jy dit lees sonder om die tyd en afstand verskil in ag te neem sal jy ‘n sekere antwoord kry. As jy egter op ‘n meer verantwoordelike manier die Skrif lees sal dit jou nader aan die waarheid hou !
Satan gebruik ook Skrif...Luk 4 Daarom Kollektiewe verstaan van die Woord!
Verantwoordelike Skrifgebruik! Wat sê dit oor God? Volg die waardes!!! Nie Reëls!
2. Vrug! Of daar vrug is & Of die vrug hou!
Het u al op ‘n trampolien gespring en dan afgeklim en weer probeer spring? Soms die vrug van sommige geestelike ervarings. Lekker as jy daar is. Wanneer die praktyk egter kom, werk dit glad nie.
Beeld artikel oor groep genesers uit VSA: Dis soos rofstoei: Almal weet dis nie waar nie, maar geniet die “show”. Mens is nie getransformeer nie!

3. Liefde!
Fil 1 sê dat die liefde ons help onderskei. “Ook bid ek dat julle liefde sal toeneem in begrip en fyn aanvoeling, sodat julle die dinge kan onderskei waarop dit werklik neerkom!” Fil 1:9
Watter impak het die gebeure op mense. Word die mense gemotiveer deur liefde? Fokus net op die liggaam? Of genesing van mens in geheel?
Liefde is die kompas wat ons lei na dit wat werklik saak maak. Maar dis liefde wat met begrip en fyn aanvoeling werk! Dit teks praat van kennis!
Liefde vir jou lewensmaat vra dat jy hom/haar beter sal leer ken deur fyn waarneming en daarom beter begryp. Hoe meer kennis, hoe meer liefde. Liefde word aangevul met kennis en lei tot onderskeiding. “Liefde is blind” nie altyd reg! Liefde is juis nodig dat liefde met oop oë sal onderskei wat die wesenlike is en wat die minder wesenlike is!
Vertel van dominee wie se dogter net meer as jaar gelede oorlede is en kollega vrae hoe hy dit reggekry het om hier deur te kom. Was dit jou geloof? Nee my Teologie! Die manier waarop ek God sien, die manier waarop Hy Hom aan my openbaar het! Daar is baie prentjies van God wat jou rou erger maak, en jou geloof steel! Die regter teologie het ‘n ingrypende impak op jou menswees.
Soek die Kernsake!!! “sodat julle die dinge kan onderskei waarop dit werklik neerkom
Tydens die Russiese rewolusie was die kerk besig met ‘n kerkvergadering. Terwyl die soldate die strate af gemarsjeer het was die vergadering in ‘n hewige debat gewikkel: sal hulle nog steeds tosseltjies op hulle togas gaan hou of nie! Hierdie debat het ure geneem; Intussen het die strate gebrand en is mense vermoor......Om te dink met watter onbenullighede hulself besig gehou het terwyl hulle belangrike sake gemis het!
In Godsdiens is dit so maklik! Om te stry en opgewerk te raak oor onbenullighede. Ons kan ongelukkig voel en redekawel oor die kleredrag, sang, gebou, dominees, bouery, dak, Sondag, klank, en later besef dat ons ons tyd verspeel het met onbenullighede. Rondom ons en in ons roep alles na God!
Baie keer eers in oomblikke van krisis die wesenlike besef. Jong vrou van 23 jaar oud wat kanker kry, in die hospitaal, ongeneeslike kanker, “Reaksie: Ek sou nou enige iets gee om huis toe te gaan en my baba se vuil doeke te ruil!
Kan dit wees dat ‘n gemeente dalk honderde aksies het wat almal pragtig lyk maar dit het in terme van die kern van ons geloof en visie niks te make nie!
Ondersoek, worstel, praat, bedink jou standpunt, bid, Bybel: 1 Tess 5:20 Moenie die uitsprake van dié wat die boodskap van God verkondig, gering ag nie, maar toets dit alles en behou wat goed is!
Yüklə 1,45 Mb.

Dostları ilə paylaş:
1   2   3   4   5   6




Verilənlər bazası müəlliflik hüququ ilə müdafiə olunur ©genderi.org 2024
rəhbərliyinə müraciət

    Ana səhifə